Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
1ste SA vervaardigde ventilators na hospitale versprei

Die eerste Suid-Afrikaans vervaardigde ventilators is Vrydag voltooi en word na hospitale versprei.

Hospitale met gebrekkige hulpbronne in Afrika sukkel om voor te bly met die vraag na ventilators terwyl ryk lande daarin kon slaag om meer ventilators en persoonlike beskermende toerusting te bekom.

Suid-Afrika is steeds vyfde op die lys van lande met die hoogste infeksies. Dié infeksies is sowat die helfte van alle gevalle in Afrika, wat reeds die miljoen-infeksiekerf nader.

Só lyk die plaaslik vervaardigde ventilators.

Die projek om ventilators plaaslik te vervaardig is in April van stapel gestuur en is ter waarde van R250 miljoen.

“Vandag kom die eerste voltooide ventilators van die produksielyn as deel van ’n aanvanklike bestelling van 10 000 eenhede,” het Ebrahim Patel, minister van handel en nywerheid, Vrydag op ’n Covid-19-konferensie gesê.

Patel het bygevoeg gegrond op die data van lande wat beskou word as episentrums soos China, Brittanje en Amerika, het die regering besluit op die produksie van toestelle wat nie chirurgiese ingrepe benodig nie, die sogenaamde CPAP-toestelle, om die meeste lewens te kan red.

Ventilators verskaf suurstof aan die longe in pasiënte wat erg deur Covid-19 geraak word, wat sowat 5% van positiewe gevalle is.

Elke CPAP-toestel word van 30 verskillende komponente vervaardig en in Kaapstad aanmekaargesit, waarna dit landwyd versprei word.

“Daar is ’n wêreldwye tekort en ongelooflike vraag na sommige van dié komponente,” het Peter Brierley, bedryfsbestuurder by die vervaardiger, Akacia Medical, gesê.

Die maatskappy kon eers vandeesweek daarin slaag om ’n plaaslike fabriek te kry wat ’n noodsaaklike klep vervaardig wat in die ventilator gebruik word om die drukking in die ventilator te reguleer sodat die pasiënt ook kan uitasem, het hy gesê. – Reuters


Meer oor SA se ventilator

’n Groep Suid-Afrikaanse ingenieurs het die ventilator binne drie maande ontwerp en getoets waarna produksie kon begin.

So ’n proses kan gewoonlik tot ’n jaar duur, berig Rapport.

Dit is ook die eerste keer dat dié soort ventilator, die sogenaamde CPAP-ventilator, in Suid-Afrika gebou word.

Patel het spesifiek melding gemaak daarvan dat data getoon het dat dié soort ventilators doeltreffender is as ander soorte ventilators waar mense deur middel van intubasie (’n sny in die lugweg) suurstof ontvang.

Elke ventilator kos R12 500.

Die CPAP-toestelle word gebruik om pasiënte vroeër in die siekte met asemhaling te help deur ’n suurstofkonsentrasie teen konstante druk toe te dien. As pasiënte téén die druk uitasem, hou dit die alveoli oop, verbeter suurstofoordrag en verhoog die suurstofvlakke in pasiënte se bloed, wat herstel bespoedig.

Die alveoli is die “sakkies” in die longe waar die lug omgeskakel word in koolstofdioksied en wat stelselmatig met vloeistof gevul word namate ’n Covid-19-pasiënt se liggaam teen die virus reageer, wat asemhaling bemoeilik en suurstofoordrag verminder.


Meer oor:  Coronavirus  |  Koronavirus  |  Ventilators  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.