Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
2 dood, 7 behandel in Rooikruis-kinderhospitaal

Twee kinders wat positief vir die koronavirus getoets is, is in die Rooikruis-kinderhospitaal in Kaapstad dood, terwyl nog sewe tans daar vir Covid-19 behandel word.

“Albei die kinders wat dood is, het ingewikkelde onderliggende mediese toestande gehad,” het die hospitaal Woensdag gesê.

“Ons wag op ’n verslag van spesialiste om die oorsaak van dood te bepaal en om te sien of die positiewe uitslae vir die koronavirus bloot toevallig was.”

News24 berig die twee kinders was onderskeidelik 1 en 15 jaar oud. Dr. Heloise Buys, hoof van pediatriese noodsorg, het aan News24 gesê buiten die sewe kinders wat positief getoets is, wag nog kinders op hul uitslae.

“Ons het kinders van jonger as ’n maand gesien wat positief getoets is,” het sy gesê.

Die hospitaal het ’n afdeling net vir Covid-19-pasiënte en behandel kinders tot die ouderdom van 13 jaar. Dié hospitaal het ook onlangs die pediatriese dienste by die Groote Schuur-hospitaal oorgeneem en sal tot ná die pandemie toesig hou oor die behandeling van adolessente in Groote Schuur.

Emeritusaartsbiskop Desmond Tutu en ander Nobelpryswenners is bekommerd omdat die fokus is op die behandeling van volwassenes en dat kinders afgeskeep word.

Intussen het die Tygerberg-hospitaal se kindertrust in ’n verklaring gesê emeritusaartsbiskop Desmond Tutu en ander Nobelpryswenners is bekommerd omdat die fokus is op die behandeling van volwassenes met Covid-19 en dat kinders afgeskeep word.

“Die Tygerberg-hospitaal hanteer meer as die helfte van die kinders in die Wes-Kaap, en tot dusver was daar baie min hoëvlak-finansiering om in die kinders se behoeftes te voorsien,” lui die verklaring.

“Pleks daarvan het ’n oorweldigende positiewe reaksie ter ondersteuning van die kinders gekom uit die baie arm gemeenskappe, klein ondernemings en die publiek wat self in gevaar is om hul werk te verloor.”

Tutu en 87 ander Nobelpryswenners het in ’n gesamentlike verklaring gesê: “Covid-19 het bestaande ongelykhede in ons wêreld blootgelê en vererger.

“Die virus, die beperkings wat op die grootste deel van die wêreldbevolking geplaas word en die nasleep daarvan, sal ’n verwoestende uitwerking op die kwesbaarstes hê.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.