Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
200 Kubane kom Sondag aan om te help met Covid-19

Meer as 200 Kubaanse gesondheidswerkers sal Sondag op die O.R. Tambo-lughawe land om Suid-Afrika in sy stryd teen die Covid-19-virussiekte by te staan.

Luidens ’n verklaring deur die Kubaanse ambassade sal 217 gesondheidswerkers met ’n spesiale vlug van die Suid-Afrikaanse Lugdiens na Suid-Afrika gebring word.

Die groep bestaan uit onder andere dokters, epidemioloë, ingenieurs in gesondheidsorgtegnologie, biotegnologiese kundiges en ander gesondheidkundiges.

Luidens die verklaring, wat wyd op sosiale media versprei is, is dié mense gekies op grond van hul ondervinding en kennis van beplanning, uitvoering en die bestuur van kliniese gevalle, asook hul ervaring in openbare gesondheid.

Hulle sal in verskillende provinsies ontplooi word soos en waar hul bystand deur die departement van gesondheid benodig word.

Meer as 1 200 Kubaanse gesondheidswerkers is reeds op versoek in 22 lande op verskillende kontinente ontplooi.

Suid-Afrika het ’n lang en goeie verhouding met Kuba en sowat 200 Kubaanse dokters werk reeds in verskeie klinieke en hospitale oor die land heen, buiten in die Wes-Kaap.

Meer oor:  Kuba  |  Koronavirus  |  Gesondheidswerkers  |  Or Tambo
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.