Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
21 in Roodepoort toets positief vir koronavirus
Roodepoort
Só word die temperatuur van mense by die Rex-kliniek in Roodepoort geneem. Foto: Brümilda Swartbooi

Altesame 21 mense in Roodepoort se streek C aan die Wes-Rand het positief vir die koronavirus getoets.

Tussen 31 Maart en 6 April het 1 375 mense hier ook reeds siftingstoetse vir die virus ondergaan.

Geoffrey Makhubo, burgemeester van Johannesburg, het Dinsdag die Rex-kliniek, een van die klinieke hier wat vir Covid-19 toets, besoek.

“Ek wou self sien wat hier gebeur en moedig mense aan om hulself hier te laat toets,” sê hy.

Mense se koors word eers by die ingang van die kliniek gemeet. Daarna beweeg hulle verder deur om vir Covid-19 getoets te word.

Ander klinieke in die omgewing waar daar ook getoets word, is die Weltevredenpark-kliniek, die Braamfischerville-kliniek en die Cosmo-kliniek.

Mediese personeel het Dinsdag van huis tot huis gegaan in die informele nedersetting in die streek, Princess, en siftingstoetse gedoen. Inwoners is ’n reeks vrae gevra en indien hulle simptome toon is hulle na hul naaste toetssentrum verwys.

Geoffrey Makhubo, burgemeester van Johannesburg, ontvang ’n masker by die ingang van die Rex-kliniek in Roodepoort. Foto: Brümilda Swartbooi

Stella Uys, bestuurder van klinieke in streek C, sê daar is nege klinieke in die streek en een aktiewe mobiele kliniek. Sy sê bykomende hulp is ook verkry. Verpleërs en administratiewe assistente is op kontrakbasis vir drie maande aangestel om te help.

Van die uitdagings wat die klinieke ervaar, is voorraad soos reinigers, maskers en ander toerusting wat min raak en te veel mense wat vir die virus getoets wil word, maar wat geen simptome toon nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.