Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
22 van Huis Najaar siek ná ou maalvleis

Meer as 20 inwoners van ’n ouetehuis in die Nelson Mandelabaai-metro het die afgelope naweek siek geword nadat hulle drie dae oue maalvleis geëet het.

Volgens ’n betroubare bron van Huis Najaar in Despatch het die inwoners voedselvergiftiging opgedoen weens bederfde maalvleis wat aan hulle voorgesit is.

Die maalvleis is blykbaar verlede Woensdag berei en die oorskietvleis is drie dae later weer aan die inwoners voorgesit.

Die maalvleis is blykbaar verlede Woensdag berei en die oorskietvleis is drie dae later weer aan die inwoners voorgesit.

Die bron sê van die inwoners was so siek dat hulle die hele nag op die toilet deurgebring het.

Hoewel Sanet Viljoen, streekbestuurder van die Afrikaanse Christelike Vrouevereniging en oorhoofs betrokke by Huis Najaar, bevestig het dat 22 inwoners siek geword het, sê sy die inwoners het nie voedselvergiftiging opgedoen nie.

“Die toestand kon beheer word deur die gee van Imodium (’n middel teen diarree) en Cyclizine (’n middel teen naarheid). Geen ouer persone is gehospitaliseer nie.”

Sy sê ook die maalvleis is wel Woensdag aan die inwoners voorgesit en toe verkoel voordat dit weer Saterdag bedien is.

Spaghetti onder, maalvleis en sampioene, die sampioene wat Saterdag berei is, gevolg met ’n witsous bo-oor. Die gereg is weer gebak.
Sanet Viljoen

“Woensdag is maalvleis op ’n broodrolletjie aan die inwoners voorgesit as middagete. Aangesien daar (van die vleis) oorgebly het, is die nodig stappe met betrekking tot verkoeling gedoen.”

Saterdag is dit as deel van ’n pastagereg voorgesit. “Spaghetti onder, maalvleis en sampioene, die sampioene wat Saterdag berei is, gevolg met ’n witsous bo-oor. Die gereg is weer gebak.”

Die inwoners het daardie aand tussen 22:00 en 23:00 begin siek word.

’n Ondersoek na die voorval is Maandag deur die bestuur van die tehuis gedoen en die afleiding is dat die inwoners siek geraak het weens die maalvleis en sampioene, sê Viljoen.

Sy sê die saak word verder ondersoek en die nodige gesprek sal met die kok gevoer word oor die hantering van voedsel.

Die voorval is egter nie by die departement van gesondheid aangemeld nie, aangesien niemand gehospitaliseer is of doktersbehandeling ontvang het nie.

Meer oor:  Despatch  |  Maalvleis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.