Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
2de virussterfte: ‘My man het nie kanker gehad’

Die eggenote van die tweede slagoffer van die Covid-19-virussiekte in Suid-Afrika het gesê haar man het nie velkanker gehad soos wat die owerhede die publiek ingelig het nie.

Andrè Keijser (73) van Ladysmith, KwaZulu-Natal, ’n afgetrede spoorwegtegnikus en lektor, is Saterdagaand omstreeks 19:00 aan die virus dood nadat hy Vrydag gediagnoseer is.

Sy vrou, Dirkje, vertel sy en haar man het van 5 tot 11 Maart in die Krugerwildtuin gekamp.

Andrè Keijser
Andrè Keijser (73) van Ladysmith, KwaZulu-Natal, ’n afgetrede spoorwegtegnikus en lektor. Foto: Verskaf

Hulle was in die Berg-en-Dal-, Skukuza- en Satara-kamp.

“Die Maandag (9 Maart) het hy nog niks makeer nie, maar teen die Woensdag (11 Maart) was sy lyf geweldig seer,” sê Dirkje.

Omdat hulle in ’n aftreeoord woon en bang is vir griep, het Dirkje hom so gou moontlik dokter toe geneem.

“Die dokter het vir hom medikasie vir sy verkoue gegee en ons is huis toe.”

Teen Sondag 15 Maart het Keijser steeds van pyn gekla en was daar ’n uitslag op sy lyf.

“Ons is terug dokter toe. Hy het gedink dis bosluiskoors en het hom dadelik op medikasie daarvoor gesit. Hy het gesê teen Dinsdag (24 Maart) behoort hy beter te voel,” sê Dirkje.

Op Woensdag 25 Maart is hulle weer terug dokter toe.

“Dis tóé dat hulle vermoed hy het die virus. Hulle het hom dadelik opgeneem en dit is die heel laaste keer wat ons hom gesien het.”

Dirkje sê haar man het nie velkanker gehad soos wat die departement van gesondheid sê nie.

“Hy het ’n gewas gehad, maar die dokter het dit afgebrand en weggestuur en die uitslae het skoon terug gekom.”

Keijser laat sy vrou, drie kinders en drie kleinkinders agter.

Andrè Keijser
Andrè Keijser en sy vrou Dirkje. Foto: Verskaf

Meer oor:  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.