Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
34 in Tuinroete-streek dood aan Covid-19

Teen Saterdag het 34 mense in die Tuinroete-streek reeds aan Covid-19 gesterf, het die Wes-Kaapse departement van gesondheid in ’n verklaring bekend gemaak.

In Hessequa het een mens gesterf, vyf in Mosselbaai, 17 in George, ses in Knysna, drie in Bitou en twee in Oudtshoorn.

Teen Saterdag was 37 pasiënte in openbare en private hospitale, en nege in die intensiewesorgeenheid opgeneem.

Tot dusver is siftingstoetse op 127 165 mense gedoen en 678 is vir toetse verwys. Op die oomblik is 76 mense in die kwarantyn-fasiliteit by PetroSA in Mosselbaai. Dit is die enigste aktiewe fasiliteit in sy soort in die Tuinroete-streek.

Luidens die verklaring deur Alan Winde, die Wes-Kaapse premier, was daar teen Sondag 1 494 bevestigde gevalle van die siekte in die streek, van wie 611 pasiënte reeds herstel het. Die hoogste aantal bevestigde gevalle van die siekte is in George (797), gevolg deur Mosselbaai met 263 en Knysna met 213. In George het 315 mense reeds van die virussiekte herstel, 100 in Mosselbaai en 110 in Knysna.

Meer oor:  Tuinroete  |  Hessequa  |  Sterftes  |  Syfers  |  Covid-19-Virus  |  Infeksies  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.