Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
370 al dood aan Covid-19 in Tuinroete

Teen Woensdag is meer as 370 mense in die Tuinroete aan die koronavirussiekte dood.

Nadia Ferreira, ’n woordvoerder van die Wes-Kaapse departement van gesondheid in die Eden-distrik, sê Woensdag wasdaar 40 pasiënte in staatshospitale in die Tuinroete-distrik. 372 mense is reeds dood.

Sy sê die departement bly paraat en monitor voortdurend die Covid-19-situasie.

“Ons brandpunt-strategie fokus op spesifieke gebiede waar getalle toeneem en optrede wat bydra tot die bekamping van Covid-19.”

Volgens haar moet mense hulself in elke situasie afvra hoe hulle dit veiliger vir hulself en hul geliefdes kan maak ”omdat ons weet dat ons onbewustelik die virus huis toe kan neem na ons families”.

Sy sê dit is ook belangrik samekomste te vermy waar die virus kan versprei, soos plekke met baie mense, waar daar onvoldoende ventilasie is en ’n mens in nabye kontak met ander mense is. Dit is ook belangrik om maskers te dra en gereeld hande te was.

Volgens haar word die publiek herinner aan die departement se isolasie- en kwarantyn-geriewe in die Tuinroete as hulle nie tuis kan isoleer of in kwarantyn kan gaan nie. Die subdistrikte Knysna/Bitou (Plettenbergbaai), George, Kannaland. Mosselbaai, Oudtshoorn en Hessequa het almal sulke geriewe.

Meer oor:  Wes-Kaap  |  Tuinroete  |  Koronavirussiekte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.