Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
3de vlaag: Is strenger inperkings ons voorland?

Strenger inperkings is weer ’n moontlikheid weens ’n toename in infeksies met die koronavirus in Suid-Afrika.

Só waarsku dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, nadat daar Donderdag vir die eerste keer in drie maande meer as 3 000 nuwe infeksies in die land aangemeld is. Dié skerp styging het vrese oor ’n derde vlaag weer laat opvlam.

Strenger inperkings kan volgens Mkhize kom in die vorm van ’n verbod op die aantal mense wat byeenkomste mag bywoon, asook die herinstellings van ander inperkings “wat ons kon ophef toe die getalle laer was”.

Die kabinet gaan dalk strenger reëls moet instel wat nie onmiddellike skade vir die ekonomie inhou nie.

Mkhize het Vrydag op SABC 2 se program Morning Live oor die moontlikheid van strenger inperkings gepraat. Die nasionale Covid-19-bevelsraad het reeds vergader en die kabinet sal bepaal of verdere inperkings nodig is.

Prof. Barry Schoub, voorsitter van die ministeriële advieskomitee oor entstowwe, sê strenger inperkings sal dalk nodig wees.

“Die kabinet gaan dalk strenger reëls moet instel wat nie onmiddellike skade vir die ekonomie inhou nie.”

Hy het beaam dat dit waarskynlik ’n inperking sal behels op die aantal mense wat in groot groepe mag byeenkom. Hy voorspel ook dat die aandklokreël aangepas sal word en dat daar moontlik perke op die verkoop van alkohol ingestel sal word, hoewel dit nie volgens hom die belangrikste inperking is nie.

Dr. Mark Human, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging (Sama) in Gauteng, sê hoewel die land nog nie in die greep van ’n derde vlaag is nie, mense hul gedrag nou sal moet aanpas.

“Die belangrikste raad is dat as iemand siek is, hulle nie moet sosialiseer nie en moet tuisbly. Mense moet natuurlik mediese hulp soek as hulle baie siek is,” sê Human.

“Hoewel ek dit eens is dat mense waaksaam moet wees, is daar geen nut daarin om vrese oor ’n derde vlaag aan te blaas nie. Dit is eintlik teenproduktief. Inperkings het, myns insiens, nie die verwagte resultate opgelewer nie en het die Suid-Afrikaanse ekonomie verlam.”

Hoewel ek dit eens is dat mense waaksaam moet wees, is daar geen nut daarin om vrese oor ’n derde vlaag aan te blaas nie.

Human steun “verstandige praktiese maatreëls” soos maatreëls oor binnenshuise byeenkomste, die dra van maskers, ’n aandklokreël en ’n verbod op alkohol by funksies, maar nie ’n algehele verbod daarop nie.

Prof. Bruce Mellado, fisikus en hoofmodelleerder van die Gautengse Covid-19-bevelsraad, sê die provinsiale regering skep bewustheid onder sy inwoners dat die provinsie in ’n derde vlaag is en dat mense hul gedrag moet aanpas.

“Die boodskap is dat ons vlak 1 van die inperking, waar ons nou is, ernstiger moet opneem. Soos wat die gevalle toeneem, sal die regering ander maatreëls oorweeg om die pandemie hok te slaan,” sê Mellado.

Meer oor:  Inperkings  |  Derde Vlaag  |  Covid-19  |  Zweli Mkhize
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.