Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
4 Duitse vliegtuie kom passasiers op skip in SA haal

Die Duitse regering het vier huurvlugte na Suid-Afrika ontbied om Duitsers op die toerskip AIDAmira in Kaapstad terug na hul tuisland te neem.

Die toerskip AIDAmira in die Kaapstad-hawe. Passasiers is vandeesweek verbied om aan wal te gaan, waarna ses passasiers negatief vir Covid-19 getoets is. Foto: Jaco Marais

Fikile Mbalula, minister van vervoer, het Vrydag bevestig dat bemanning op dié vlugte nie toegelaat sal word om die vliegtuie te verlaat nie en sal wag vir die Duitse burgers wat van die skip af vergesel word.

Dit is egter nog nie bekend wanneer dié vliegtuie terug na Duitsland sal vertrek nie.

Mbalula sê in ’n verklaring dat die AIDAmira se meer as 1 700 passasiers en bemanningslede sedert Maandag nie toegelaat is om aan wal in Kaapstad se hawe te gaan nie.

Sedertdien is al die passasiers wat in afsondering gehou is negatief vir Covid-19 getoets.

Mbalula het Woensdag op ’n mediavergadering regulasies aan die hand van die ramptoestand in Suid-Afrika bekend gemaak wat verbied dat passasierskepe Suid-Afrikaanse hawens binnekom of verlaat.

Fikile Mbalula, minister van vervoer. Foto: Felix Dlangamandla

Dit kom neer op ’n totale verbod op toerskepe, volgens Mbalula.

Intussen het die toerskip Norwegian Spirit ook Vrydag Kaapstad se hawe aangedoen.

Die Suid-Afrikaanse Maritieme Veiligheidsowerheid (Samsa) het Donderdag in ’n kennisgewing aangedui dat die Norwegian Spirit een van die skepe is wat voor of ten tyde van die publikasie van die regulasies reeds in Suid-Afrikaanse gebiedswaters was.

Dié skepe se passasiers sal aan wal kan gaan en voorrade kan aanvul.

Die toerskip AIDAmira in die Kaapstad-hawe wat in kwarantyn gehou is weens ’n vermoede dat ses passasiers Covid-19 onder lede gehad het. Dié passasiers is intussen negatief getoets en Duitse burgers op die skip sal na hul tuisland teruggevlieg word. Foto: Jaco Marais

Passasiers sal vir enige tekens van die siekte ondersoek word en daar word vereis word daat hulle die land op die vinnigste wyse moontlik te verlaat.

Sodra die skepe die nodige voorrade aangevul het, sal hulle toegelaat word om die hawe te verlaat.

Die ander skepe wat in dié kennisgewing genoem word, is die Silver Cloud in Kaapstad, die Arcadia in Durban, die Astor in Durban en die MSC Orchestra in Durban.

Geen ander passasierskepe sal verder enige Suid-Afrikaanse hawe mag aandoen nie, sê Samsa.

Meer oor:  Fikile Mbalula  |  Duitsland  |  Koronavirus  |  Virus  |  Covid 19-Virus  |  Koronavirussiekte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.