Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
5 000 polisielede het Covid-19; 36 reeds dood

Meer as 5 000 polisielede het reeds positief getoets vir die koronavirussiekte Covid-19, waarvan 36 reeds dood is.

So het Bheki Cele, minister van polisie, Vrydagoggend tydens ’n virtuele sitting aan polisielede gesê.

“Die virus het meer as 5 000 lede reeds besmet, wat veroorsaak het dat honderde polisiekantore moes sluit om gedisinfekteer te word,” het Cele gesê.

Hy het sy waardering uitgespreek vir polisielede se harde werk.

Bheki Cele, minister van polisie. Foto: Die Son

“Ek spreek julle toe as polisieminister wat waardering het vir die harde werk wat julle die afgelope drie maande gelewer het. Ek is egter ook bekommerd oor julle veiligheid en welstand gedurende die Covid-19-pandemie,” het Cele aan polisielede gesê.

Nietemin is hy steeds optimisties oor polisielede se optrede ten spyte van die voortslepende pandemie.

“Gewapen met maskers, saniteerder en handskoene het julle die pandemie aangepak. Julle het die gemak van jul huise agtergelaat om die storm aan te pak,” het Cele gesê.

Volgens hom het die polisie tydens die pandemie reeds meer as 14 000 padversperrings gehou en visuele teenwoordigheid behou by strande, markte, winkelsentrums en ander areas waar samedromming kon plaasvind. - News24

Meer oor:  Coronavirus  |  Koronavirus  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.