Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
5 300 nuwe poste vir gesondheidsorg

Die nasionale gesondheidsraad sal van Januarie aanstaande jaar 5 300 poste vir medici beskikbaar stel oor die land heen as deel van die presidensiële stimuleringspakket, sê dr. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid.

Hy het dié aankondiging gedoen nadat hy die naweek vergader het met die raad, wat al die LUR’e van die provinsies se gesondheidsdepartemente insluit.

Luidens ’n verklaring van die nasionale gesondheidsdepartement is dit deel van pres. Cyril Ramaphosa se stimuleringspakket vir die ekonomie.

“Wat gesondheid betref, het die president personeel by hospitale asook hospitaalbeddens- en linne geïdentifiseer. Die tekorte is drasties veral wat betref personeel wat weens die ekonomie en ingeperkte begrotings afgeneem het.

“Die min personeel is een van die hoofredes vir die afname in gesondheidsorg in al die provinsies. Die aanstelling van gesondheidswerkers, wat kundiges soos aptekers, sielkundiges en fisioterapeute insluit, sal baie help om gesondheidsorg in die provinsies te verbeter ” lui die verklaring.

Vir die Oos-Kaap is drie poste vir spesialiste, 36 poste vir mediese beamptes (studente besig met gemeenskapsdiens), 100 poste vir verpleeg-assistente, 74 poste vir verpleegsters, 50 poste vir apteek-assistente en 320 algemene poste aangewys.

Die min personeel is een van die hoofredes vir die afname in gesondheidsorg in al die provinsies.

Die Vrystaat sal agt poste kry vir spesialiste, 13 poste vir mediese beamptes, 43 vir verpleegsters, 12 vir verpleeegstudente en 37 poste vir verpleeg-assistente.

In Gauteng sal 15 spesialisposte, 10 registrateurposte (spesialiste in opleiding), 20 poste vir mediese beamptes, 40 poste vir spesialissorg-verpleegsters en 245 poste vir verpleegsters beskikbaar gestel word.

Verder sal daar onder meer 75 poste vir verpleegstudente, 100 vir portiere, 100 vir algemene assistente, agt vir arbeidsterapeute, agt vir fisioterapeute, tien vir aptekers, tien vir aptekerassistente en tien radiografisposte beskibaar wees.

Daarbenewens sal 10 maatskaplike werkers en agt kliniese sielkundiges in Gauteng aangestel word.

In KwaZulu-Natal sal 97 registrateurs, 150 verpleegstudente, 150 verpleegassistente, 50 aptekerassistente, 15 ambagsmanne, 160 portiere en 160 algemene assistente aangestel word.

Limpopo sal poste vir 16 spesialiste, 227 mediese beamptes, 68 aptekers, 309 verpleegsters, 14 tandartse, vier kliniese sielkundiges en ses kliniese geassosieerdes kry.

Mpumalanga sal poste vir twee spesialiste, drie registrateurs, 44 mediese beamptes, 40 verpleegstudente en 60 algemene poste ontvang.

Die Noord-Kaap sal een spesialis en tien verpleegsters bykry.

Die Wes-Kaap sal poste vir drie spesialiste, agt registrateurs, nege mediese beamptes, 42 verpleegsters, 25 verpleegstudente, twee aptekers, 16 aptekersassistente, 40 ambagsmanne en ses forensiese patoloë kry.

Noordwes is volgens die verklaring die provinsie met die grootste nood aan personeel.

Poste vir 20 spesialiste, 28 registrateurs, 28 mediese beamptes, drie aptekers, 42 aptekersassistente, 45 spesialis-verpleegsters, 25 verpleegsters en 107 verpleegsters is beskikbaar gestel.

Verder is daar 12 poste vir kliniese assistente, vier poste vir radioterapeute, vier poste vir dieetkundiges, twee poste vir maatskaplike werkers beskikbaar gestel.

Daarbenewens sal 272 inligtingsbeamptes, 145 nooddienswerkers, vyf ingenieurs, 19 ambagsmanne, sewe argitekte, 385 administratiewe klerke en 73 draers aangestel word.

248 algemene assistente, 52 drywers, 525 skoonmakers, 75 wasgoedvroue, ses lykhuisassistente, 84 kos-assistente en ses programbestuurders aangestel word.

“Ons besef nog personeel sal benodig word, maar dit is tans al poste wat beskikbaar gestel word volgens die stimuleringspakket. Ons probeer sake verbeter vir die volgende finansiële jaar. Beddens en linne is klaar op nasionale vlak bestel en meer besonderhede sal later beskikbaar gestel word,” lui die verklaring.

Meer oor:  Dr. Aaron Motsoaledi  |  Gesondheidsorg  |  Poste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.