Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
5 van Breedevallei-munisipaliteit sterf aan Covid

Die Breedevallei-munisipaliteit is in rou gedompel nadat vyf personeellede oor die afgelope paar weke aan Covid-19 dood is.

Antoinette Steyn, burgemeester van die Breedevallei, sê sedert die pandemie in Maart 2020 uitgebreek het, het verskeie inwoners van die streek hul lewe verloor.

Die vyf amptenare wat dood is, is Elizabeth Makatesi van die parke-eenheid, Owen Lewis van die plaaslike biblioteek, Manuel Pietersen van die vasteafvalafdeling wat in Desember afgetree het, Gregory Lewis van die sportterreinspan in Rawsonville, en Terence Titus van die verkeersdepartement.

“Dit is met groot skok, hartseer en ongeloof dat ons vyf lede gedurende die laaste paar weke verloor het. Ons het nie genoeg woorde om ons hartseer uit te druk nie,” sê Steyn.

“Net 299 dae gelede het ons nooit geweet wat Covid-19 se impak op ons dorpe en gemeenskappe sou wees nie. Ek dink nie ons het regtig geweet waarvoor ons ons gereed maak nie. So skielik en gou het dit gekom dat ons lewe sedert Maart verlede jaar totaal verander het.”

Volgens Steyn was die afgelope maande geweldig moeilik vir rolspelers in plaaslike regering en veral burgemeesters wat die leisels moet hou.

“Dit was ’n moeilike tyd vir baie wat moes afskeid neem van geliefdes, van inwoners, van diegene vir wie ons omgegee het en mense met wie ons ’n lang pad geloop het.”

Sy sê vir haar is die verlies aan vyf werknemers veral ’n bitter pil om te sluk.

Sy het die mense van die Breedevallei gevra om te bid in hierdie droewe tyd vir almal wat siek is en vir diegene wat geliefdes aan die dood moes afstaan.

’n Kennisgewing van die munisipaliteit. Foto: Facebook Breedevallei

Meer oor:  Wes-Kaap  |  Sterftes  |  Covid-19  |  Amptenare
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.