Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
50 in Kaapstad herstel van Covid-19
Alan Winde, Wes-Kaapse premier.Foto: Peter Abrahams/Son

In Kaapstad het 50 mense wat voorheen positief vir Covid-19 getoets is, al heeltemal herstel en hulle was ook reeds 14 dae lank in self-isolasie.

Alan Winde, Wes-Kaapse premier, het Dinsdag in ’n verklaring gesê dié mense kan nou uit kwarantyn kom, maar moet soos die res van mense in die land die staat van inperking nakom.

In die Wes-Kaap is daar ook tans 13 mense in die hospitaal met Covid-19 en drie van hulle word in die waakeenheid behandel.

Teen Dinsdagoggend is daar al 348 gevalle van Covid-19 in die provinsie aangemeld.

Die mense is in die volgende gebiede:

• Westelike distrik - 118;

• Suidelike distrik - 104;

• Noordelike distrik - 17;

• Tygerberg - 23;

• Oostelike distrik - 14;

• Klipfontein - 7;

• Mitchells Plain - 5;

• Khayelitsha -1.

Buite die Kaapstad-metro is gevalle van Covid-19 in die volgende gebiede aangemeld, per distrik:

• Tuinroete - Bitou 4, Knysna 6, George 8, Hessequa 3 en Mosselbaai 5;

• Kaapse Wynlande: Stellenbosch 11, Drakenstein 6, Breedevallei 4, Langeberg 1;

• Overberg: Overstrand 5 en Theewaterskloof 1;

• Weskus: Saldanhabaai 1 en Swartland 1.

Met drie van die gevalle in die provinsie is daar geen adres toegewys nie.

Winde sê die provinsiale regering het ook kennis geneem van die gemeenskap van die Bo-Kaap wat ’n eie reaksiespan vir Covid-19 gestig het.

“Dié span het saam met die proaktiewe familie van ’n pasiënt die gemeenskap ingelig oor ’n positiewe toets op ’n manier wat nie die siekte stigmatiseer nie. Hulle kan ons help om die mense op te spoor met wie die persoon in kontak was om sodoende seker te maak dat hulle in isolasie bly.”

¦ Belangrike kontaknommers

Skakel 10111 om oortredings van die regulasies van die staat van inperking aan te meld.

Wangedrag deur lede van die polisie kan by 073 890 1269 aangemeld word.

Wangedrag deur weermaglede kan ook by 012 676 3800 of e-pos intake@milombud.org aangemeld word.

Die Wes-Kaapse polisieombudsman kan by ombudsman@wcpo.gov.za gekontak word om klagtes oor polisiëring in te dien.

Meer oor:  Kaapstad  |  Covid-19  |  Covid  |  Herstel  |  Korona
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.