Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Baba Leah verloor haar stryd teen siekte

Leah “Lielie Muis” de Jager van Port Elizabeth, wat aan ’n ernstige immuniteitsgebrek gely het, is Maandagoggend dood.

Lielie Muis, soos haar ouers haar noem, het duisende Suid-Afrikaners se harte aangegryp toe die nuus oor haar siekte bekend geword het.

Die ses maande oue Leah de Jager is Maandagoggend dood. Foto: Facebook

Gerrit, haar pa, het Maandagoggend vroeg bevestig sy ses maande oue dogter is dood.

Gerrit was te emosioneel om oor haar dood uit te wei, maar sê dat sy nou veilig in die arms van Jesus is.

’n Inskrywing op die Facebook-blad Lielie Muis – Leah de Jager lui: “Liewe Jesus het sy mooiste blommetjie kom haal vanoggend.

“Ons harte is bitter seer, maar weet sy is veilig in Jesus se hande. Rus sag kleine Lielie Muis. Almal gaan jou mis.

“Jy het baie mense aangeraak en los diep spore in ons harte.”

Netwerk24 het in Desember berig Leah het haar 80ste dag in die Dora Nginza-hospitaal in Port Elizabeth deurgebring.

Daar was toe al geen mediese vooruitsig op herstel nie.

Gerrit het voorheen gesê hulle was geskok, want sy dogter was eers net siek met longontsteking.

Daarna het De Jager en Lezaan Avis, sy verloofde, gehoor hul dogter het breinskade ná twee beroertes opgedoen.

Die ouers het kort nadat Leah in die hospitaal opgeneem is, gehoor sy ly aan ’n gekombineerde immuniteitsgebrek (Scid).

In leketaal beteken dit Leah het bykans geen immuunstelsel nie, wat haar uiters vatbaar vir infeksies maak.

Byna 700 mense het kort nadat die nuus oor Leah se dood op haar Facebook-blad aangekondig is, hul medelye met haar ouers betuig.

Jessica Smit skryf: “Baie hartseer. Sterkte aan die familie in die tyd.”

Quanette Deysel sê haar hart is in stukke. “Rus sag my engeltjie.”

“Baie sterkte aan julle. Mag Liewe Jesus die eina beter maak. Dink aan julle,” lui Marelise Hammond se inskrywing.

Meer oor:  Leah De Jager  |  Port Elizabeth
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.