Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
69 skole in VS gesluit

Die aantal Covid-19-infeksies in Vrystaatse skole is skerp aan die styg met verskeie onderwysers en leerlinge wat in die laaste week positief vir die virus getoets is.

Minstens 69 skole is weer tydelik gesluit nadat dit ná die inperking heropen is.

Grey-kollege (sekondêr) in Bloemfontein en die Hoërskool Heatherdale in Heidedal is die jongste skole wat Dinsdag moes sluit nadat onderskeidelik ’n leerling en ’n onderwyser positief getoets is.

Die sluiting van Grey volg nadat nog ’n matriekleerling positief vir die virus getoets is.

In ’n skrywe aan die ouers sê Deon Scheepers, hoof, dat die skool op aanbeveling van die Vrystaatse gesondheidsdepartement gesluit is.

“Dié besluit is in belang van ons seuns, personeel en ons ouers geneem.”

Die skool heropen Maandag vir gr. 11- en gr. 12-leerlinge en Dinsdag vir gr. 10-leerlinge.

Dié besluit is in belang van ons seuns, personeel en ons ouers geneem.

Ouers van kinders wat in koshuise woon, is ook versoek om so spoedig moontlik hul kinders uit die koshuis te haal.

Matriekleerlinge van die Hoërskool Heatherdale moes Dinsdagoggend by die skool aanmeld om siftingstoetse te ondergaan nadat ’n onderwyser oor die naweek positief getoets is.

Verna Jeremiah, hoof, sê in ’n brief dat die skool vir twee dae gesluit sal wees om deeglik ontsmet te word.

Intussen het die Vereniging van Staatsamptenare (VSA), wat duisende onderwysers verteenwoordig, gesê hy is steeds van mening dat die skole gesluit behoort te wees, veral met die infeksiekoers wat daagliks styg.

Luidens ’n verklaring deur die vereniging is meer as 25 555 mense net oor die naweek positief getoets, terwyl 219 weens die virus dood is.

“As die skole oop bly en ander grade ingefaseer word, gaan sowat 18 miljoen leerlinge rondbeweeg om skool by te woon. Dit sal meebring dat meer ouers en ander familielede aan die virussiekte blootgestel word.”

Die vereniging het ook reeds ’n brief aan pres. Cyril Ramaphosa gerig met ’n versoek dat hy dadelik ingryp en skole sluit. Die VSA wys in die brief daarop dat onderwysers reeds weens die virus dood is en dat baie skoolhoofde en ander personeel besmet is en erge simptome ervaar.

Die VSA voer verder aan dat die infeksiesyfer sal styg indien nog grade terugkeer skool toe en dat onderwysers en ander personeel se risiko verhoog om besmet te word.

As die skole oop bly en ander grade ingefaseer word, gaan sowat 18 miljoen leerlinge rondbeweeg om skool by te woon. Dit sal meebring dat meer ouers en ander familielede aan die virussiekte blootgestel word.

Meer oor:  Koronavirus  |  Grey-Kollege  |  Covid-19  |  Skole
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.