Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
7 taxibestuurders in Oudtshoorn vas oor inperking-regulasies

Sewe taxibestuurders is Saterdag in Oudtshoorn in hegtenis geneem omdat hulle die regulasies oor inperking weens Covid-19 oortree het.

Die Oudtshoorn-munisipaliteit sê in ’n verklaring drie taxibestuurders is deur munisipale wetstoepassings- en verkeersbeamptes in Dysselsdorp in hegtenis geneem en nog vier in Oudtshoorn.

Altesaam 40 spazawinkels in Bridgton is ook ná 18:00 deur wetstoepassingsbeamptes besoek om vas te stel of hulle regulasies nakom. 19 van die winkels was teen 18:00 gesluit en 21 is opdrag gegee om dadelik te sluit. Die operasie gaan voort om die inwoners van Oudtshoorn se veiligheid te verseker.

Volgens die munisipaliteit werk sy gesamentlike operasionele sentrum hard om te verhoed dat die siekte in en om Oudtshoorn versprei.

’n Vergadering is Saterdag met die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag se infanterieskool in Oudtshoorn gehou om die span te versterk wat die pandemie moet beveg. Werkers wat noodsaaklike dienste lewer, is versoek om by die maatreëls oor inperking te hou.

’n Beroep word gedoen op inwoners om die maatreëls te gehoorsaam, tuis te bly en gesonde higiëne toe te pas. Vir navrae oor die siekte skakel 044 203 7801, vir noodgevalle 044 272 2377 of klagtes na-ure 044 203 7800.

Meer oor:  Oudtshoorn  |  Koronavirus  |  Regulasies  |  Taxibestuurders  |  Inperking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.