Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
76 personeellede by George-hospitaal toets positief
Arlene Visser Foto: Verskaf

Meer as 70 personeellede van die George-hospitaal is positief vir die koronavirus getoets.

“76 personeellede is positief getoets, waarvan 67 reeds herstel het,” sê Nadia Ferreira, ’n woordvoerder van die Wes-Kaapse departement van gesondheid in die Eden-distrik, by navraag. “Twee is tans in die hospitaal.”

Die departement het vroeër in ’n verklaring oor sy “Rural Hero” vir die week gesê dat al hoe meer personeellede weens angstigheid oor die virussiekte by Arlene Visser, die verpleegster gemoeid met beroepsgesondheid by die George-hospitaal, om hulp aanklop.

Visser is as ’n held uitgesonder vir haar werk tydens die pandemie. Personeel wat die virus opdoen, word deur Visser se kantoor gedokumenteer en sy staan hulle by wanneer hulle die uitslae van die koronavirustoetse kry.

Volgens Visser moet van die personeel in die hospitaal behandel word. Dit veroorsaak angstigheid onder hul kollegas.

Visser werk nou saam met die verpleegster gemoeid met die beheer van infeksies. Sy is sedert die begin van die pandemie gemoeid met reëlings vir beskermende toerusting. Daar is moeite gedoen om personeel op te lei om die toerusting reg te gebruik. Haar span moet die gesondheidsrisiko’s vir alle hospitaalpersoneel assesseer.

Sy sê personeel moet ’n positiewe houding inneem en onthou dat almal bekommerd oor die situasie is.

Volgens Ferreira is daar 39 bevestigde Covid-19-gevalle in die George-hospitaal, waarvan 18 in die waakeenheid is. 12 wag vir die uitslae van hul toetse.

Meer oor:  Koronavirus  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.