Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
80 000 virusgevalle teen Junie in W-Kaap verwag – LUR

Sowat 80 000 gevalle van mense wat positief vir die koronavirus getoets is, word in die Wes-Kaap verwag wanneer die besmetting sy piek bereik.

En dit kan so gou as Junie wees.

Só het Nomafrench Mbombo, die Wes-Kaapse LUR vir gesondheid, Woensdagoggend op ’n besoek aan die Mowbray-kraamhospitaal in Kaapstad gesê.

Nomafrench Mbombo, die Wes-Kaapse LUR vir gesondheid, Woensdag met haar besoek aan die Mowbray-kraamhospitaal. Foto: Facebook

Sy het met gesondheidsamptenare oor hul werkomstandighede gepraat en gesê sy verstaan as hulle bekommerd is en wonder: “Is ek die volgende persoon wat besmet gaan word? Wat as dit ek is?”

Volgens haar lê die ergste nog voor wanneer die piek van die Covid-19-pandemie in Junie in die Wes-Kaap verwag word.

In die res van die land word die piek van die besmetting teen Augustus of September verwag, het sy gesê.

Mbombo het gesê daar moet ook gepraat word oor die mense wat gesond word, en nie net oor die sterftes nie.

Sy het gesê een van die klagtes van gesondheidswerkers is dat hulle baie meer vir openbare vervoer moet betaal om by hul werkplekke uit te kom.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.