Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
9 Kaapse klinieke moes reeds sluit oor Covid-19

Die Kaapse metro moes sedert die staat van inperking nege van sy gesondheidsfasiliteite en klinieke toegemaak om ontsmet te word nadat personeellede daar Covid-19 opgedoen het.

Dit is die Hazendal-, Houtbaai-, Masiphumelele-, Ocean View-, Dr. Ivan Toms- in Mfuleni, Albow Gardens- in Milnerton, Langa- en Guguletu-kliniek en die Nyanga-omgewingsgesondheidskantoor, het dr. Zahid Badroodien, Kaapstad se burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsdienste en gesondheid, gesê.

Hy het die versekering gegee dat die stad se klinieke almal die Covid-19-protokolle volg wanneer personeellede positief getoets het.

Hy het gereageer op bewerings dat die stad glo swak maatreëls in plek het om infeksies in sommige van sy fasiliteite te beheer.

Gesondheidswerkers het Maandag saamgedrom buite die Dr. Ivan Toms-kliniek in Mfuleni nadat een van hul kollegas die naweek positief vir die virus getoets het.Foto: Verskaf

Badroodien het gesê die waninligting wat versprei word saai onnodige vrees en veroorsaak verdeling.

“Ek wil dit duidelik stel dat ons klinieke nasionale protokolle volg wanneer positiewe gevalle aangemeld word. As ’n personeellid positief toets, is daar spesifieke riglyne vir die toetsing van gesondheidsorgwerkers wat in noue kontak met die persoon was. Dit sluit isolasie in vir ’n bepaalde tydperk, sowel as streng toetsmaatreëls. Personeel wat noue kontak met positiewe gevalle gehad het, word eers weer toegelaat sodra hul toetsuitslae negatief is.”

Die Dr. Ivan Toms-kliniek in Mfuleni waar ’n personeellid positief vir Covid-19 getoets het. Foto: Verskaf

Volgens Badroodien word die skoonmaak van die fasiliteite gedoen op grond van die bevindings in ’n risikobepaling, wat in samewerking met die stad se beroepsgesondheids-en-veiligheidsdiens gedoen word.

“ ’n Fasiliteit kan deeglik skoongemaak en ontsmet word en weer binne 48 uur vir die publiek oopgemaak word. As ’n fasiliteit gesluit word, word kliënte na die naaste alternatiewe kliniek verwys, en in gevalle waar al die personeel in noue kontak met die besmette persoon was, word personeel van ander fasiliteite ingebring om dienste te lewer sodra die betrokke kliniek ontsmet is en die dienste hervat is.”

Meer oor:  Kaapstad  |  Klinieke  |  Gesluit  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.