Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
90% van Afrika gaan nie teiken vir inenting bereik

Byna 90% van Afrika-lande sal nie hul teiken vir inentings voor September bereik nie, terwyl dit lyk asof ’n derde vlaag moontlik ook in die res van Afrika kan uitbreek.

Dit beteken 47 van die 54 Afrika-lande sal nie hul teiken bereik om minstens 10% van hul bevolking teen September in te ent nie.

Die getal Covid-19-gevalle is in tien Afrika-lande aan die toeneem, terwyl die vasteland se kumulatiewe koronavirusgevalle byna by die 5 miljoen-kerf is.

Meenakshi Dalal, woordvoerder van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) in Afrika, het Vrydagoggend by navraag aan Netwerk24 gesê net nege lande is tans op dreef om hul teiken te behaal.

“In dié stadium lyk dit asof net Zimbabwe, die Seychelle-eilande, Marokko, Mauritius, São Tomé en Príncipe, Ekwatoriaal-Guinee en die Comoro-eilande hul teikens sal bereik,” sê Dalal.

In dié stadium lyk dit asof net Zimbabwe, die Seychelle-eilande, Marokko, Mauritius, São Tomé en Príncipe, Ekwatoriaal-Guinee en die Comoro-eilande hul teikens sal bereik.

Dalal sê ses ander lande sal moontlik ook hul teiken kan bereik, as hulle meer entstof kan kry.

“Indien Tunisië, Ghana, Eswatini, Lesotho, Rwanda en Kenia genoeg voorraad kry, sal hulle ook hul teikens kan behaal.”

Dr. Matshidiso Moeti, streeksdirekteur van die WGO in Afrika, het Donderdag op ’n mediakonferensie gesê dit is die derde week dat die getal koronavirusgevalle in Afrika toeneem, terwyl entstowwe skaars is.

“Byna 90% van die lande op ons vasteland gaan hul teiken misloop om 10% van hul bevolking teen September in te ent, tensy Afrika skielik 225 miljoen dosisse entstof ontvang,” sê sy.

Sy sê Afrika se getal koronavirusgevalle het vir die week wat op 6 Junie eindig, met 20% gestyg, met tien lande wat stygings aangemeld het, terwyl vier lande ’n toename van meer as 30% aangemeld het.

Sy sê 72% van Afrika se nuwe gevalle kom voor in Suid-Afrika, Egipte, Tunisië, Uganda en Zambië.

Byna 90% van die lande op ons vasteland gaan hul teiken misloop om 10% van hul bevolking teen September in te ent, tensy Afrika skielik 225 miljoen dosisse entstof ontvang.

“Terwyl Afrika se (getal) kumulatiewe koronavirusgevalle nader aan die 5 miljoen-kerf beweeg, dreig ’n derde vlaag ook nou. Baie van ons kwesbare mense word steeds erg aan Covid-19 blootgestel.”

Moeti sê 1,3 miljard mense in Afrika het reeds hul eerste inenting ontvang, met 9,4 miljoen wat reeds ten volle teen die virus ingeënt is.

Suid-Afrika het nog net 1 619 011 mense ingeënt, van wie 479 768 ten volle ingeënt is.

Reuters het vroeër berig die Covax-inisiatief wil teen einde vanjaar 2 miljard entstofdosisse vir armer lande bekom.

Die G7-nywerheidslande sal dit glo Vrydag bespreek dat ’n miljard entstofdosisse aan armer lande geskenk word, met pres. Joe Biden van Amerika wat gesê het Amerika sal 500 miljoen dosisse skenk.

Die Britse premier, Boris Johnson, het gesê Brittanje sal 100 miljoen dosisse skenk. Hy gaan glo ook Vrydag die G7-leiers vra om tot die skenking van 1 miljard by te dra.

Meer oor:  Wêreldgesondheidsorganisasie (Wgo)  |  Afrika  |  Inenting  |  Teiken  |  Vlaag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.