Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
SA broers maak app vir stryd teen Ebola
Vrywilligers word in Parys gewys hoe om met Ebola-pasiënte te werk voordat hulle na geteisterde lande vertrek. Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê Liberië, Sierra Leone en Guinee het te min hulp van buitelandse mediese spanne.|

Twee Suid-Afrikaanse broers het die afgelope week ’n app geskep wat moontlik van groot hulp gaan wees in die Ebola-krisis in Wes-Afrika.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het gister gesê 10 000 mense het nou al die siekte opgedoen en 4 922 het al gesterf.

Malan Joubert
Philip Joubert

Malan (28) en Philip Joubert (26) van Stellenbosch is rekenaardeskundiges. Hulle woon in San Francisco waar hulle tegniese ondersteuning doen vir ­Journey, ’n hulpleningsorganisasie wat reddingswerkers in ­Ebola-geteisterde gebiede ondersteun.

“Ebola slaap nie,” sê Philip.

Die Joubert-broers se app werk hoofsaaklik met GPS-koördinate en kan ’n hele paar belangrike dinge wys:

■ Vir gesondheidswerkers: waar mense met Ebola is, asook mense wat dalk met die siekte in aanraking kom;

■ Vir ambulanse: waar siek mense opgelaai moet word;

■ Vir maatskaplike werkers: waar kinders van Ebola-slagoffers agterbly; en

■ Vir dokters: outomatiese opdatering van pasiënte in afsondering se mediese inligting.

Die app bevat ook algemene inligting oor Ebola-simptome, hoe die virus versprei en advies oor veiligheidsmaatreëls.

Die Joubert-broers het verlede Saterdag aan dié app begin werk en vandag word 20 selfone waarop dit gelaai is, na Liberië gevlieg. Teen môreoggend kan werkers in geteisterde gebiede dit al begin gebruik.

“Ons hoop dit werk,” sê ­Malan. “Ons hoop maar vir ’n borg, want ons mikpunt is om volgende keer 1 000 fone daarheen te kan stuur.”

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.