Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Aankondiging oor listeriose kom

Hoewel sporadiese gevalle van listeriose in Suid-Afrika nog aangemeld word, het die getal skerp gedaal en die einde van die uitbreking kan in sig wees.

Die nuwe gevalle is nie epidemiologies verbind nie, wat beteken dié mense het nie kontak met mekaar gehad nie en dis hoogs onwaarskynlik dat hulle die bakterie van een bron ingekry het, lui die jongste maandelikse verslag van die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios).

Dr. Aaron Motsoaledi. Foto: Deaan Vivier

Die uitbreking wat einde verlede jaar begin het, het tot die dood van 218 mense gelei. Daar was 1 064 laboratoriumgetoetste gevalle.

Dr. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, sal Maandag ’n mediakonferensie in Pretoria daaroor toespreek, het die nasionale departement van gesondheid Sondag in ’n verklaring gesê.

Op dié konferensie sal daar ook meer inligting gegee word ná ’n ondersoek na bewerings wat op sosiale media versprei is dat onveilige vervaardigingspraktyke gebruik word om sogenaamde vervalste kos te maak. Dit is glo produkte wat met bekende handelsname verkoop word, maar nie die ware Jakob is nie en sluit in Coke, Fanta Grape, Stoney, Valpré, Granadilla Twist, Tonic Water, Blue Brand-margarien, Albany-bruinbrood en stroop wat as heuning verkoop word, sê die departement.
Sekere geblikte produkte soos vis, vleis en boontjies is ook genoem.

Die bewerings is dat daar ook gevaarlike kleurstowwe is in die produkte, wat meestal in informele nedersettings verkoop word.

Die departement het munisipaliteite opdrag gegee om ondersoek in te stel. Motsoaledi sal Maandag terugvoering gee.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.