Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Advieskomitee gee raad oor variant in Indië

Die B.1.617-variant wat tans in Indië sirkuleer, is nog nie in Suid-Afrika bespeur nie.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, sê daar is op die oomblik geen direkte vlugte tussen Suid-Afrika en Indië nie, terwyl Suid-Afrika ook waaksaam is deur siftingstoetse op reisigers te doen en mense vir Covid-19 te toets indien nodig.

“Daar is navrae aan ons gerig terwyl ons ook op sosialemediaplatforms die kommer gesien het oor die variant wat in Indië sirkuleer. Daar is egter verskeie variante wat kommer veroorsaak wat tans in die wêreld sirkuleer,” sê Mkhize.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid. Foto: Darren Stewart

Hy sê dié variant is nog nie in Suid-Afrika nie en die genomika-waarnemingslaboratorium Krisp (KwaZulu-Natal Research Innovation and Sequencing Platform) monitor die situasie.

Volgens Mkhize is Krisp ook besig om vas te stel wat die B.1.617-variant vir Suid-Afrika beteken omdat die B.1.351-variant die dominante variant in Suid-Afrika is.

“Dié navorsing word gedoen terwyl ons vasbeslote is om ons deur wetenskap te laat lei,” sê hy.

Mkhize sê sy departement het ook die ministeriële advieskomitee geraadpleeg om hulle te adviseer oor watter stappe gedoen kan word oor reisigers vanuit lande waar variante ’n bekommernis is.

Hy sê die advieskomitee se bevindinge sal aan die regering oorgedra word, waarna die land oor die besluite ingelig sal word.

Dr. Lwazi Manzi, Mkhize se woordvoerder, het Maandag aan Netwerk24 gesê die besluit om Suid-Afrika se grense vir reisigers uit lande met hoë infeksiesyfers te sluit is in die kabinet se hande.

Sy het Maandag bevestig dat geen stappe nog gedoen is om die landsgrense te sluit vir reisigers uit lande wat tans onder erge infeksies en uitbrekings van nuwe variante gebuk gaan nie.

Die span by Krisp adviseer ons, terwyl hulle ook die ander variante monitor. Hulle probeer vasstel of ons immuniteit het teen die variant wat in Indië voorkom.

Op die oomblik word enigiemand in Suid-Afrika toegelaat wat negatief vir Covid-19 getoets is.

“Die kabinet sal hierdie besluite moet neem. Dit word tans op alle vlakke bespreek.”

Manzi het ook aan Netwerk24 bevestig dat Krisp probeer vasstel watter implikasies die variant wat in Indië sirkuleer vir Suid-Afrika inhou.

“Die span by Krisp adviseer ons, terwyl hulle ook die ander variante monitor. Hulle probeer vasstel of ons immuniteit het teen die variant wat in Indië voorkom.”

Sy het gesê mense moet onthou dat die variant in Indië net twee mutasies het, terwyl Suid-Afrika se variant drie mutasies het.

“Die Krisp-span sal ons inlig wat die implikasies vir Suid-Afrika is.”

Mkhize het intussen gevra dat Suid-Afrikaners kalm bly oor die variant wat in Indië sirkuleer.

Indië het gister vir die 12de agtereenvolgende dag meer as 300 000 nuwe koronavirusgevalle aangemeld.

Meer oor:  Zweli Mkhize  |  Indië  |  Navorsing  |  Advieskomitee  |  Variant
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.