Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Afname in Covid-19-sterftes: WGO maan teen vinnige afleidings
Mediese werkers in die Chinese stad Wuhan verwyder die lyk van iemand wat weens aan Covid-19 gesterf het. Foto: Chinatopix via AP

China het Dinsdag die minste nuwe Covid-19-infeksies sedert Januarie bekend gemaak en die laagste daaglikse dodetal in ’n week, maar die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) sê data wat op ’n verlangsaming in die epidemie dui, moet versigtig geïnterpreteer word.

Intussen het die maatskappy Apple gewaarsku sy verkope gaan afneem omdat die epidemie sowel sy voorraad in China as die vraag daarna laat daal het. Dié aankondiging het die wind uit die seile van die wêreld se aandeelmarkte gehaal.

Die hoof van ’n toonaangewende hospitaal in Wuhan in sentraal-China, waar die uitbreking begin het, het Dinsdag weens die siekte gesterf. Hy is een van die prominentste slagoffers sedert Covid-19 einde verlede jaar uitgebreek het.

Tedros Adhanom Ghebreyesus, direkteur-generaal van die Wêreldgesondheidsorganisasie.Foto: Reuters/Denis Balibouse

Chinese amptenare het bevestig dat 1 886 nuwe gevalle aangemeld is – die eerste keer wat daaglikse infeksies onder 2 000 gedaal het sedert 30 Januarie.

Dit bring die aantal gevalle in China op 72 436 te staan.

Daarby is 98 nuwe sterftes aangemeld en het die daaglikse dodetal laas op 11 Februarie onder 100 gestaan.

Die virus het reeds 1 868 lewens in China geëis.

Tedros Adhanom Ghebreyesus, WGO direkteur-generaal, sê dit lyk asof die data van China op ’n afname in nuwe gevalle dui, maar enige tendens “moet baie versigtig geïnterpreteer word”.

Buite China is daar 827 gevalle van Covid-19 en vyf sterftes wat aan die hand van amptelike verklarings bevestig is.

Meer as die helfte van dié gevalle is op ’n plesierboot wat in afsondering buite Japan gehou word.

China sê syfers wat op ’n afname in nuwe gevalle in die laaste paar dae dui, toon dat aggressiewe stappe om reis en handel in te perk die verspreiding van die siekte buite Wuhan en die Hubei-provinsie laat afneem het.

Hoewel China aanvoer dat die afsondering van stede en streng beperkings op reis en beweging die verspreiding van die virus bekamp, kom dit teen ’n groot koste vir sy ekonomie en het dit ook gevolge vir wêreldhandel. - Reuters.


Meer oor:  China  |  Covid-19  |  Covid-19-Infeksies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.