Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Afrika in wurggreep van 3de vlaag

Afrika is in die wurggreep van ’n derde vlaag van die Covid-19-pandemie weens die ontstaan van nuwe variante van die koronavirus Sars-CoV-2 en die stadige pas waarteen mense ingeënt word, het die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) Donderdag gesê.

Foto ter illustrasieFoto: Getty Images

Die Delta-variant, wat vir die eerste keer in Indië ontdek is, kom nou in 14 Afrika-lande voor.

In die afgelope maand het die getal gevalle op die kontinent skerp gestyg tot meer as 5 miljoen.

Verlede week is 25 500 nuwe infeksies aangemeld. Dit het toegeneem van 91 000 in die eerste week van Junie tot 116 500 op 13 Junie, sê die WGO.

Uganda, die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) en Namibië het almal hul hoogste getal weeklikse infeksies aangemeld.

“Afrika is in die middel van ’n volwaardige derde vlaag. Die ontnugterende trajek van opkomende gevalle behoort almal tot dringende optrede aan te spoor. Ons het in Indië en elders gesien hoe vinnig Covid-19 kan terugkeer en gesondheidstelsels oorweldig,” het dr. Matshidiso Moeti, die WGO se streekdirekteur in Afrika, gesê.

Die dodetal het verlede week met byna 15% gestyg.

Al is die aangetekende totale dodetal van 136 030 in Afrika steeds laer as in ander streke, is die stadige tempo van inenting in Afrika rampspoedig vir sy inwoners.

12 miljoen mense is tot nog toe ingeënt, minder as 1% van die bevolking.

Daar is veral ’n toename in gevalle in Suider-Afrika, meestal in Suid-Afrika en Namibië. In die afgelope 24 uur het Namibië meer as 2 000 infeksies aangeteken. Sedert die begin van die pandemie is 69 096 gevalle hier aangemeld, met 11 678 aktiewe gevalle, volgens die ministerie van gesondheid.

Die land het 1 073 sterftes onder sy sowat 2,4 miljoen mense aangeteken.


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.