Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Afrika ‘nie gereed om Covid-entstof te vervaardig’

Afrika is nog nie gereed vir die vervaardiging van ’n entstof teen Covid-19 nie.

Dit is volgens dr. Morena Makhoana, uitvoerende hoof van die Biovac-instituut, wat in ’n virtuele sitting met die portefeuljekomitees oor hoër onderwys, asook wetenskap en tegnologie, gepraat het oor die uitdagings met die vervaardiging van entstowwe op die vasteland te midde van die wêreldwye resies om ’n entstof teen die siekte te vind.

“Afrika is nog nie gereed daarvoor nie. Ons is nie in ’n posisie om te reageer op siektes wat met entstowwe voorkom kan word nie. Daarom soek ons voortdurend na steun van alle belanghebbendes in die regering om te sê hoe ons hierdie sektor kan laat groei op ’n wyse waarop die gat hiermee gestop kan word, nie net in Suid-Afrika nie, maar ook in die res van Afrika.”

Die Biovac-instituut is die uitvloeisel van ’n vennootskap met die Suid-Afrikaanse regering in 2003 om ’n entstofvervaardiger in die land te vestig.

Suid-Afrika is egter tans wel een van verskeie lande wat sal help met die ontwikkeling en toets van moontlike entstowwe. Dit vind onder toesig van die Wêreldgesondheidsorganisasie plaas.

Daar word tans aan meer as 40 moontlike entstowwe gewerk, waarvan vier in die vroeë toetsfase is.

Meer oor:  Afrika  |  Entstof  |  Vervaardiging  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.