Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Huiwerig oor entstof? Dan is jy dalk lid van dié groep ...

Huiwering om die entstof teen die koronavirus te ontvang, is groter onder Afrikaanssprekendes as diegene wat Zoeloe, Tsonga of Setswana praat, en kom meer voor onder die jeug en sosialemedia-gebruikers as onder ouer mense met onderliggende siektes.

Dít is die bevinding van ’n onlangse studie wat deur kenners aan die Universiteit Stellenbosch en die Universiteit van Kaapstad gedoen is.

Die navorsers, Ronelle Burger, Brendan Maughan-Brown, Timothy Köhler, René English en Michele Tameris, het in ’n nasionale opname bevind dat sekere groepe wel meer huiwerig is as ander, maar dat huiwerigheid oor die toediening van die Covid-19-entstof in Suid-Afrika al hoe meer afneem.

As ons entstof-aanvaarding definieer as mense wat sterk instem (om die entstof te kry), ’n mate van instemming het of dié wat reeds die entstof gekry het, dan het aanvaarding van 71% in Februarie en Maart toegeneem tot 76% in April en Mei.

Luidens die verslag het twee derdes van die respondente in die April-Mei-studie ten sterkste saamgestem met die stelling “As ’n entstof vir Covid-19 beskikbaar was, sal ek dit kry”.

Dit verteenwoordig ’n toename van 55% teenoor die studie wat in Februarie en Maart gedoen is.

Teenoor die April-Mei-studie is 47% van diegene wat in die Februarie-Maart-studie aangedui het dat hulle ten sterkste of ietwat gekant is teen die entstof, reeds ingeënt of het ingestem om ingeënt te word.

“As ons entstof-aanvaarding definieer as mense wat sterk instem (om die entstof te kry), ’n mate van instemming het of dié wat reeds die entstof gekry het, dan het aanvaarding van 71% in Februarie en Maart toegeneem tot 76% in April en Mei,” lui die bevinding.

huiwering

Kenners stem met die studie saam dat entstofhuiwering afneem in Suid-Afrika.

Prof. Susan Goldstein, kenner in openbare gesondheid aan die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) en ’n lid van die Suid-Afrikaanse mediese navorsingsraad (SAMNR), sê daar is min huiwering om die entstof te ontvang.

“Huiwerigheid is nie ons grootste probleem nie. Ons grootste probleem is om entstowwe by die mense uit te kry,” sê Goldstein.

Oor die bevinding dat Afrikaanssprekendes meer huiwerig is, sê Goldstein dit kan wees omdat dié groep gemarginaliseerd voel.

“Hulle het moontlik vertroue in die regering verloor en voel dalk dat die regering nie hul belange op die hart dra nie,” sê Goldstein.

Die studie het ook getoon mense in formele nedersettings is meer huiwerig as ander.

“Dit is te verwagte. Hierdie groep mense is gewoonlik die middelklas en hul denkwyses stem ooreen met dié van die noorde, soos die VSA. In Afrika is huiwerigheid eintlik nie ’n probleem nie, want ons het nie genoeg entstowwe om huiwerigheid te hê nie,” sê Goldstein.

Sy sê hoewel jonger mense nou die geleentheid sal hê om ook ingeënt te word, moet die land steeds daarop fokus om mense bo die ouderdom van 60 in te ent, juis omdat hulle die kwesbaarste groep is.

Goldstein sê dit is veral die ouer mense wat valse beriggewing op sosiale media glo en dat die regeringskanale juis tot hul voordeel gebruik moet word om die kommunikasie op te skerp.

Prof. Elizabeth Mayne, hoof van die immunologie-afdeling by Wits, sê entstofhuiwerigheid is laag, maar dit kom onder jong mense voor omdat hulle voel hulle word nie soseer deur die virus geraak nie.

Jong mense ervaar ligter simptome as ouer mense.

Mayne sê egter jong mense moet onthou dat hulle ingeënt word nie net om hulself te beskerm van ernstige siekte en dood nie, maar ook om hul ouer familielede te beskerm.

Volgens Mayne maak die entstof die siekte minder oordraagbaar.

“Jong mense wat wil toer of aan oorsese uitruilprogramme deelneem, moet ook besef dat inentings ’n vereiste hiervoor gaan wees. Dit gaan waarskynlik ook die geval wees vir mense wat in die gasvryheidsbedryf wil werk,” sê Mayne.

• Die navorsers het hul data verkry van die Coronavirus Rapid Mobile Survey- (Cram) studie wat deel vorm van ’n groter studie genaamd die Nasionale Inkomste Dinamika Studie (Nids).

Cram is ’n opname wat onder Suid-Afrikaners gedoen word om die ware effek van die virus en inperkings op die bevolking te bepaal. Altesaam 4 792 mense het deelgeneem aan die opname wat in Februarie en Maart gedoen is, terwyl 4 996 mense aan die mees onlangse opname in April en Mei deelgeneem het. Volgens Goldstein is veral die groter studies 'n goeie verteenwoordiging van die bevolking.

Lees die volledige studie hier.

Meer oor:  Inenting  |  Koronavirus  |  Entstof  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.