Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Agterstand in toetse ‘kortwiek stryd teen Covid-19’

Die Wes-Kaap het ’n agterstand van sowat 18 000 toetsuitslae van mense wat vir die koronavirus getoets is.

Mireille Wenger, DA-hoofsweep en voorsitter van die Wes-Kaapse regering se ad hoc-komitee oor Covid-19, het Dinsdag in die nasionale parlement gevra dat dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, dringend help om hierdie agterstand uit te wis.

Die provinsie het sowat 65% van alle positiewe gevalle in die land.

Wenger se versoek kom op dieselfde dag dat die nasionale parlement se twee komitees oor gesondheid toesigbesoeke aan die Tygerberg-hospitaal en die tydelike veldhospitaal by die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum afgelê het om die gereedheid van die provinsie se geriewe te bepaal.

Die komitees besoek Woensdag geriewe in KwaZulu-Natal.

Wenger het Dinsdag as spesiale afgevaardigde van die Wes-Kaap ook vir Mkhize in die Nasionale Raad van Provinsies bedank vir die ondersteuning wat sy departement aan die provinsie lewer, sowel as vir hul verbintenis om bykomende personeel vir die nuwe veldhospitale te finansier.

“Ons grootste uitdaging is die agterstand in toetse en vertragings by die nasionale laboratoriumdienste. Ons het tans ’n agterstand van 18 000 toetse in die Wes-Kaap.

Ons grootste uitdaging is die agterstand in toetse en vertragings by die nasionale laboratoriumdienste. Ons het tans ’n agterstand van 18 000 toetse in die Wes-Kaap.

“Ons moet gesondheidsorg- en ander werkers vinnig te toets om te bepaal of hulle positief vir die koronavirus is. Ons benodig ook vinniger toetse om die geïdentifiseerde brandpunte te kan bestuur.

“Betroubare data is uiters belangrik om die verspreiding van die virus te bestry. As ons dit nie kan meet nie, kan ons dit nie bestuur nie,” het Wenger gesê.

Mkhize het gesê die skerp styging in positiewe gevalle in die Wes-Kaap is weens mense wat in groepe in kleinhandelwinkels en fabrieke aangesteek is.

“Dit is ongelukkig wat nou in verskillende dele van die land gaan gebeur, namate ons die staat van inperking verslap.”

Volgens hom is geïnfekteerdes wat noodsaaklike dienste in voedselverwerking- en medisyne-fabrieke in die provinsie verrig, nie vroeg genoeg opgespoor en geïsoleer nie en het daardie mense ander in hul townships, landelike gebiede en woonbuurte gaan aansteek.

“Dit is waarom ons dié soort ontploffing in die Wes-Kaap sien.

“Die werklikheid is dat ons met meer infeksies in die Wes-Kaap sit en dit is waarop ons fokus moet wees. Nie op oningeligte kommentaar wat sommige mense rondgooi dat dit die geval is omdat die provinsie meer toetse gedoen het nie.”

Volgens Mkhize gaan die res van die land in dieselfde bootjie as die Wes-Kaap beland “as ons dit nie regkry om dit wat in die Wes-Kaap gebeur, onder beheer te bring nie”.

Die werklikheid is dat ons met meer infeksies in die Wes-Kaap sit en dit is waarop ons fokus moet wees. Nie op oningeligte kommentaar wat sommige mense rondgooi dat dit die geval is omdat die provinsie meer toetse gedoen het nie.

Mkhize het gesê ’n span deskundiges is reeds in die Wes-Kaap ontplooi om saam met die provinsiale reaksiespan die pandemie daar onder beheer te bring.

“Die metro is reeds in subdistrikte verdeel. Ons het nou hier ook die GPS-ligging van elke geïnfekteerde persoon. Ons het ook nou ’n idee waar elke positiewe kontak kan wees.

“Al wat ons nou moet doen, is om toe te sien dat elke subdistrik sy eie span deskundiges het. Daardie span sal verseker dat elkeen wat nog nie gesond is nie, in isolasie geplaas word.”

Meer oor:  Koronavirus  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.