Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Al hoe meer gevalle daagliks in O-Kaap aangeteken

Die getal mense wat daagliks in die Oos-Kaap positief vir die koronavirus toets, het die 2 000-kerf oorskry.

Volgens die jongste syfers van die nasionale gesondheidsdepartement het 34 161 mense in die provinsie reeds die virus opgedoen. Die positiewe gevalle in die provinsie het Sondag met 2 004 toegeneem, en nog 31 mense is dood, wat die sterftesyfer op 490 te staan bring.

Oscar Mabuyane, premier, het sy medelye betuig met die familie en vriende van diegene wat dood is.

Mabuyane is voornemens om Dinsdag die provinsie se reaksiestrategie bekend te stel. Dit is daarop gemik om rolspelers in die gemeenskap te mobiliseer in die geveg teen die koronavirus in wyke waar dit hoogty vier.

Oscar Mabuyane, die Oos-Kaap se premier. Foto: Argief

Volgens Mabuyane is 87 wyke in die provinsie as brandpunte geïdentifiseer, en benodig die gemeenskappe dringend hulp om die verspreiding van die virus hok te slaan.

Tydens die bekendstelling van Mabuyane se nuwe planne gaan hy ook ’n oorsig gee oor wat die provinsiale regering doen om die virus te beveg.

Retief Odendaal, ’n DA-lid en LPW, het sy kommer uitgespreek omdat die gesondheidsdepartement ’n begroting goedgekeur het wat voor die uitbreking van die koronavirus opgestel is.

Hy sê hoewel die gesondheidsdepartement besig is om in duie te stort weens die groeiende pandemie, is ’n begroting goedgekeur met bykans geen bykomende geld om die sukkelende departement te help nie.

Odendaal het die besluit as belaglik bestempel en het daarna verwys dat Sindiswa Gomba, LUR vir gesondheid, glo openlik erken het haar departement is bankrot.

Teen 31 Maart was die bedrag wat die departement sy krediteure geskuld het R3,18 miljard.

’n Oorsig van die verskillende distrikte in die provinsie is soos volg:

Alfred Nzo

Gevalle: 948

Herstel: 468

Sterftes: 1

Amathole

Gevalle: 2 739

Herstel: 1 831

Sterftes: 29

Buffalostad

Gevalle: 8 252

Herstel: 4 487

Sterftes: 98

Chris Hani

Gevalle: 3 790

Herstel: 2 421

Sterftes: 81

Joe Gqabi

Gevalle: 960

Herstel: 551

Sterftes: 4

Nelson Mandelabaai-metro

Gevalle: 9 462

Herstel: 5 424

Sterftes: 136

O.R. Tambo

Gevalle: 6 112

Herstel: 3 357

Sterftes: 96

Sarah Baartman

Gevalle: 1 643

Herstel: 750

Sterftes: 45

Gevalle van buite die provinsie

Totaal: 225

Herstel: 201

Sterftes: 0

Die getal positiewe gevalle wat nie aan ’n spesifieke wyk of area toegeskryf kan word nie, is 30.

Meer oor:  Oscar Mabuyane  |  Oos-Kaap  |  Gevalle  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.