Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Al hoe meer rugbeserings weens skietwonde in Kaap

Rugbeserings weens skietvoorvalle het die afgelope twee maande skerp toegeneem by die eenheid in die Groote Schuur-hospitaal in Kaapstad wat daarin spesialiseer.

Volgens die Wes-Kaapse departement van gesondheid het die gevalle wat deur die eenheid vir akute rugmurgbeserings (Asci) behandel word, gestyg tot 26%, terwyl dit gewoonlik op 14% staan.

“In die jongste voorval is twee gr. 10-leerlinge in die Groote Schuur-hospitaal opgeneem nadat hulle raakgeskiet is,” lui ’n verklaring wat die departement Woensdag uitgereik het.

Die departement het op 5 September met Rugmurgbeseringsdag benadruk dat daar geen genesing vir beserings van die rugmurg is nie, maar die meeste beserings kan voorkom word.

Die eenheid in die Groote Schuur-hospitaal hanteer van die ergste rugmurgbeserings in die Wes-Kaap en dien as ’n waak- en sorgeenheid vir rugbeserings.

In gevalle waar iemand raakgeskiet is, kan dit dikwels totale verlamming tot gevolg hê weens die spoed en hitte wat met skietwonde gepaardgaan.

“Gewoonlik is die eenheid besig in die somermaande weens meer padongelukke en beserings op die strand en in swembaddens.”

Volgens die departement het dit aansienlik verander met al hoe meer beserings wat die afgelope twee maande weens skietvoorvalle aangemeld is.

Dr. Juliette Stander van die Asci-eenheid sê dit is noodsaaklik om so vroeg moontlik in te gryp om die kanse op herstel ná ’n rugbesering te verbeter.

“Akute, traumatiese beserings van die rugmurg word op ’n dringende grondslag hanteer sodra die pasiënt by die hospitaal aankom. Ons poog om die druk op die rugmurg binne vier uur ná die besering met behulp van gewigte te verlig.”

Beserings van die rugmurg kan tot verlamming, druksere en probleme met die funksionering van die ingewande en blaas, of tot asemhalingsprobleme lei.

In gevalle waar iemand raakgeskiet is, kan dit dikwels totale verlamming tot gevolg hê weens die spoed en hitte wat met skietwonde gepaardgaan.

Die kanse dat die slagoffer genoeg sal herstel om beweging te herwin, is ook veel skraler in vergelyking met beserings weens ’n val of messteekwonde, volgens die provinsiale departement.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.