Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Al meer kinders met skietwonde in Kaapstad behandel
Paramedici haal ’n draagbaar uit ’n ambulans van die Wes-Kaapse mediese nooddienste (EMS).

Die Rooikruis-kinderhospitaal in Kaapstad het reeds in die eerste nege maande van vanjaar meer kinders met skietwonde as in die voorafgaande twee jare behandel.

Dr. Anita Parbhoo, mediese bestuurder van die hospitaal, het Maandag gesê tot dusver vanjaar is reeds 37 kinders met skietwonde behandel, waarvan die meeste “van ’n ernstige, lewensgevaarlike aard” was.

In 2017 en 2018 is onderskeidelik 31 en 33 kinders met skietwonde behandel.

“Daar is die afgelope twee jaar ’n kommerwekkende toename in die getal veelvuldige skietwonde wat behandel is.”

Parbhoo sê geen kind behoort met skietwonde opgeneem te word nie en “dié toename is werklik skrikwekkend”.

Die Wes-Kaapse departement van gesondheid het in Augustus ’n voorlegging oor die uitwerking van skietwonde op die gesondheidstelsel gedoen.

LEES MEER: W-Kaapse gesondheidstelsel steier onder geweld

Daar is toe gesê dat die getal mense wat met skietwonde in die Groote Schuur-hospitaal opgeneem is, het die afgelope agt jaar met 100% gestyg. Sedert die begin van die jaar het die Tygerberg-hospitaal gemiddeld 107 pasiënte met skietwonde per maand opgeneem.

In die boekjaar 2018-’19 het 80,76% van die sterftes weens geweld in die Wes-Kaap in die Kaapse metro voorgekom, en die meeste hiervan was in Khayelitsha (318), Parow (242) en Delft (239).

In 2018 het die gesondheidsdienste 11 930 lyke ontvang. Hiervan was 4 170 onnatuurlike sterftes, waarvan 2 029 (48,6%) aan skietwonde toegeskryf is.

Meer oor:  Rooikruis-Kinderhospitaal  |  Dr. Anita Parbhoo  |  Kaapstad  |  Misdaad  |  Gesondheid  |  Skietwonde  |  Kinders
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.