Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Ál meer opgeneem weens alkoholverwante trauma

Die getal mense wat weens alkoholverwante voorvalle in Wes-Kaapse hospitale opgeneem moes word, het die afgelope vier dae skerp gestyg.

Mense mag nou ná vlak 4 en 5 van die inperking op vlak 3 van Maandag tot Donderdag tussen 09:00 en 17:00 alkohol koop.

Alan Winde, premier van die Wes-Kaap.Foto: Skermgreep

Alan Winde, premier, het op ’n aanlyn nuuskonferensie gesê dat trauma-eenhede nou weer moet bontstaan om alkoholverwante traumavoorvalle te hanteer.

Keith Cloete, hoof van die provinsiale gesondheidsdepartement, het ook bevestig dat alkoholverwante voorvalle wat hospitaaltoelating vereis die afgelope week skerp toegeneem het.

“Ons het verslae van Groote Schuur, Tygerberg en al die metro se hospitale ontvang wat almal ’n toename in alkoholverwante traumavoorvalle aangemeld het.”

Hy sê in van die gevalle is mense ernstig beseer en moes hulle in die waakeenheid opgeneem word wat ’n ernstige probleem skep. Die trauma- en noodeenhede is tot dusver amper uitsluitlik vir Covid-19-gevalle gebruik en moet nou plek maak vir pasiënte wat in alkoholverwante voorvalle beseer is en noodchirurgie en meer sorg nodig het.

“Mense moet verantwoordelik optree, want alkoholmisbruik het ’n negatiewe impak op ons gesondheidsdienste,” sê hy.

Winde het ook ’n beroep op inwoners gedoen om verantwoordelik op te tree en nie nog druk op die hospitale te plaas nie.

Meer oor:  Kaapstad  |  Hospitale  |  Trauma  |  Styging
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.