Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Ál meer ouer mense in Europa kry Covid-19

Terwyl Europa gebuk gaan onder die tweede vlaag van die koronaviruspandemie, word al hoe meer ouer mense met die virus besmet.

CNN berig met die eerste vlaag tydens die Europese somer was meestal jonger mense met die virus besmet, maar die tweede vlaag, waar ouer mense nou toenemend die virus kry, kan selfs dodeliker wees.

Die Europese sentrum vir siektevoorkoming-en-beheer (ECDC) waarsku meer ouer mense word nou siek.

Volgens die ECDC se jongste verslag het minstens 13 Europese lande nuwe infeksiesyfers vir mense ouer as 65 wat as hoog bestempel word. Dit is tussen 64 per 100 000 van die bevolking in Kroasië tot 206 per 100 000 in Nederland.

Dit verhoog die risiko vir oorvol hospitale en hoër sterftesyfers.

Pendelaars klim op en af van ’n trein in Nüremberg in Duitsland se hooftreinstasie. Foto: AP


Meer oor:  Europa  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.