Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Algehele drankverbod red tot 74 lewens per dag – studie

Die algehele verbod op die verkoop van drank verlede jaar ingevolge die staat van inperking, het ’n beduidende afname in onnatuurlike sterftes meegebring.

Dit is van die bevindinge in ’n studie oor die gevolge van dié verbod en die aandklokreël op die aantal onnatuurlike sterftes in Suid-Afrika.

Dié studie is uitgevoer deur die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad (SAMNR) en die Sentrum vir Aktuariële Navorsing (CARe) aan die Universiteit van Kaapstad (UK), en die bevindinge is Saterdag in die South African Medical Journal gepubliseer.

Volgens die navorsers speel alkohol ’n belangrike rol in traumatiese beserings en onnatuurlike sterftes in die land, wat volgens internasionale standaarde hoog is.

Hoewel ’n algehele inperking onnatuurlike sterftes kan voorkom en kan help om die las op die gesondheidsorgstelsel te verlig, kan die langtermyn-implementering van hierdie beleid aansienlike kompromieë vereis ten opsigte van ekonomiese aktiwiteit, asook mense se lewensbestaan.

“Alle volle beperkings op die verkoop van alkohol bring ’n belangrike afname in onnatuurlike sterftes mee. Dit wissel van 42 sterftes per dag minder met ’n aandklokreël van vier tot sewe uur lank, tot 74 sterftes per dag minder onder ’n algehele inperking,” lui die studie.

Die studie het data van Januarie 2020 tot middel April 2021 gebruik, afkomstig van die weeklikse sterftesyfers wat deur die SAMNR en die UK ingesamel is.

Die studie toon dat die uitwerking op die weeklikse aantal onnatuurlike sterftes slegs beduidend is as daar ’n algehele verbod op drankverkope is.

Daarom is daar bevind gedeeltelike beperkings op die verkoop van alkohol is grootliks ondoeltreffend om die aantal onnatuurlike sterftes te verminder.

Die outeurs van die studie waarsku egter dat algehele beperkings nie ’n lewensvatbare langtermynoplossing is om onnatuurlike sterftes te voorkom nie.

“Hoewel ’n algehele inperking onnatuurlike sterftes kan voorkom en kan help om die las op die gesondheidsorgstelsel te verlig, kan die langtermyn-implementering van hierdie beleid aansienlike kompromieë vereis ten opsigte van ekonomiese aktiwiteit, asook mense se lewensbestaan,” lui die bevinding van die studie.

LEES OOK: Minder sterf: Is dit regtig danksy drankverbod?

Meer oor:  Drank  |  Drankverbod  |  Drankverkope
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.