Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Almal by The Ranch ‘veilig’, keer terug huis toe
Wuhan
Pres. Cyril Ramaphosa se handskoene word deur die weermag ontsmet by The Ranch in Limpopo. Foto: GCIS

Pres. Cyril Ramaphosa het The Ranch-landgoed buite Polokwane in Limpopo waar meer as 100 Suid-Afrikaners in kwarantyn was ná hul repatriasie uit Wuhan in China, “veilig” verklaar.

Ramaphosa het Sondag op ’n mediakonferensie buite die landgoed gesê die groep van 112 het die groen lig gekry en mag huis toe gaan nadat hulle sedert hul aankoms op 14 Maart negatief vir die virussiekte Covid-19 getoets is.

“Ons kan The Ranch nou tot ’n groen sone verklaar. Dit was ’n rooi sone waar ons ons studente, die kajuitpersoneel, ons militêre mediese beamptes en die bemanning wat hulle hierheen gebring het in kwarantyn geplaas het, saam met die personeel wat hier werk,” het Ramaphosa gesê.

“Die 14 dae kwarantyn is egter nou verby. Ek wil julle namens alle Suid-Afrikaners bedank dat julle ingestem het om gestuur te word. Julle het almal uit jul eie gesê: Stuur my.”

Die oord is gebruik as kwarantyngerief vir die gerepatrieerdes en die span wat hulle in China gaan haal het.

Ramaphosa het die groep geprys vir hul dapperheid.

“Nie baie mense sou gesê het hulle sal vrywilliglik in ’n gevaarsone ingaan nie. Ek kan dit nog van soldate verstaan, hulle word op missies gestuur en lê ’n eed af, maar julle as vlieëniers van die Suid-Afrikaanse Lugdiens, as kajuitpersoneel, as amptenare van ambassades en binnelandse sake en die departement van gesondheid. Julle het aangebied om te gaan, en ons bedank julle daarvoor,” het Ramaphosa gesê.

Dr. Zweli Mkhize het in ’n twiet gesê almal in die groep het negatief vir die koronavirus getoets.

“Alle burgers van Wuhan wat in Polokwane in kwarantyn was, sal vandag terugkeer huis toe. The Ranch is nou ’n groen sone #COVID-19,” het hy getwiet.

 

Meer oor:  Limpopo  |  Veilig  |  Wuhan  |  The Ranch
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.