Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Ambulans doen glo ‘taxidiens’ in Noord-Kaap

Die Noord-Kaapse departement van gesondheid gaan tugstappe doen teen die ambulansbestuurder wat glo die afgelope vakansie rylopers onwettig tussen Hopetown en Kimberley vervoer het.

Steven Jonkers, departementshoof, dr. Zamani Saul, Noord-Kaapse premier, en Mase Manopole, LUR vir gesondheid, vroeër op die bekendstelling van nuwe Noord-Kaapse ambulanse.Foto: Charné Kemp

Volgens Lebogang Majaha, departementele woordvoerder, het die amptenaar glo die rylopers teen betaling opgelaai.

“ ’n Video van die voorval is op sosiale media versprei. Die video is deur ’n wetstoepasser geneem. Die rit was ongemagtig en die rylopers is onwettig opgelaai.”

Mase Manopole, LUR vir gesondheid in die provinsie, beskou die voorval as ernstige pligsversuim en ’n misstap en het onderneem om teen alle onwettige praktyke in die departement op te tree.

“Tugstappe sal spoedig teen die amptenaar gedoen word. Die LUR het ’n taakspan aangestel om die voorval te ondersoek en ook ander wanpraktyke en swak dissipline in die departement te ondersoek,” sê Majaha.

“Die ingryping behels monitering, gereelde inspeksies en onaangekondigde besoeke. Selfs vermorste sekondes kan mense se lewe kos en tragiese gevolge inhou. Ons ambulansdienste moet in noodgevalle onmiddellik in diens gestel word.”

Enigiemand wat wanpraktyke waarneem, word versoek om die departement in kennis te stel.

Meer oor:  Noord-Kaap  |  Kimberley  |  Hopetown  |  Tugstappe  |  Ambulans  |  Taxidiens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.