Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Antibiotika onttrek nadat 2 kleuters sterf

Twee kleuters van Limpopo is Saterdag in die dr. C.N. Phatudi-hospitaal in Maake buite Tzaneen dood nadat hulle ’n breëspektrum antibiotika toegedien is.

Dr. Phophi Ramathuba, LUR vir gesondheid, het intussen opdrag gegee dat die antibiotika, Rocephine, met die verpakkingsnommer 8f004OA30 onmiddellik uit alle provinsiale hospitale in Limpopo onttrek word.

Dr. Phophi Ramathuba, Limpopo se LUR vir gesondheid.Foto: Verskaf

Neil Shikwambana, woordvoerder van die departement van gesondheid, sê dié stap is as ’n voorkomingsmaatreël ingestel terwyl ’n ondersoek gedoen word na wat die kleuters se dood veroorsaak het.

Die twee kinders, albei twee jaar en vyf maande, is Saterdagmiddag dood.

Shikwambana kon nie sê met watter siekte of siektes hulle in die hospitaal opgeneem is nie. Hulle was in ’n bestendige toestand voordat hulle onderskeidelik elk drie en vier dosisse van die antibiotika toegedien is.

Die kinders, wat nie verwant is aan mekaar nie, is kort daarna dood.

Rocephine is ’n breëspektrum antibiotika wat gebruik word om verskeie bakteriese infeksies op te klaar.

Lykskouings sal gedoen word om die oorsaak van hul dood te bepaal.

Ramathuba het forensiese patoloë, aptekers en ’n pediater gevra om deel te wees van die ondersoek na die kinders se dood.

Shikwambana sê die spuitnaalde en glashouers waarin die antibiotika was, is verseël en daar sal ook toetse op gedoen word.

Meer oor:  Dr. Phophi Ramathuba  |  Maake  |  Tzaneen  |  Antibiotika  |  Gesondheid  |  Onttrek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.