Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Antibiotikum: ‘Moenie paniekerig raak’

Die oorsaak van twee kleuters van Limpopo se dood nadat hulle ’n breëspektrum-antibiotikum in ’n staatshospitaal ontvang het, is nog nie vasgestel nie.

Dié antibiotikum is aan twee siek kleuters in die Dr. C.N. Phatudi-hospitaal buite Tzaneen in Limpopo gegee. Foto: Rudzani Tshikororo

Neil Shikwambana, woordvoerder van die departement van gesondheid in Limpopo, sê die lykskouings moet nog voltooi word.

Hy het die publiek gemaan om nie paniekerig te raak nie omdat slegs ’n sekere besending van die breëspektrum-antibiotikum deur die departement van gesondheid tydelik as ’n voorkomingsmaatreël uit staatshospitale in Limpopo verwyder is.

“Ons sê nie die antibiotikum het iets met die kinders se dood te doen gehad nie, dit is as ’n voorkomingsmaatreël onttrek.”

Dr. Phophi Ramathuba, LUR vir gesondheid, het Saterdag opdrag gegee dat die antibiotikum, Rocephin, met die verpakkingsnommer 8f004OA30, aan alle provinsiale hospitale in Limpopo onttrek word. Dit is slegs die besending met die verpakkingsnommer 8f004OA30 wat tydelik verwyder is.

Rocephin is ’n breëspektrum-antibiotikum wat die middel ceftriaxone bevat en gebruik word om verskeie bakteriese infeksies op te klaar. Die kleuters is ingespuit met Rociject wat ’n ander handelsnaam vir Rocephin is.

Die kleuters is ingespuit met Rociject wat ’n ander handelsnaam vir Rocephin is.

Shikwambana sê die vervaldatum van die antibiotikum is aangedui as 2020.

Vicky Mmola (2), ’n seuntjie van Maake buite Tzaneen, is Saterdag in die Dr. C.N. Phatudi-hospitaal dood. Hy is Donderdag met griepsimptome in die hospitaal opgeneem, berig die SAUK.

Lebogang Nyakale (2), ’n meisie van die Tzaneen-distrik, is Woensdag in die hospitaal opgeneem en is ook Saterdag dood.

Shikwambana sê dit is teen die departement se beleid om pasiënte se siektes bekend te maak, so hy mag nie sê watter siekte Lebogang gehad het nie.

Die hoofingang van die Dr. C.N. Phatudi-hospitaal in Maake buite Tzaneen in Limpopo. Foto: Rudzani Tshikororo

Hy sê die kleuters is onderskeidelik drie en vier dosisse van Rocephin toegedien.

Hy kon Dinsdag steeds nie gesê het hoeveel milligram van die antibiotikum aan die kinders gegee is of oor watter tydperk nie. “Dit is alles deel van die ondersoek wat gedoen word.”

Ramathuba het forensiese patoloë, aptekers en ’n pediater gevra om deel te wees van die ondersoek na die kinders se dood.

Shikwambana sê die inspuitings en spuitnaalde waarin die antibiotikum was, is verseël en forensiese toetse sal daarop gedoen word.

’n Private dokter, wat as algemene praktisyn in Polokwane praktiseer en nie geïdentifiseer wil word nie, sê Rocephin is “ ’n baie veilige antibiotika en word wyd voorgeskryf”.

Dit word vanaf geboorte met groot sukses aan kinders toegedien.

Meer oor:  Limpopo  |  Sterf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.