Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Baai voorbereid op inisiasies
Dit is baie belangrik dat alle rolspelers voor die begin van die seisoen voorberei word om te verseker dat hierdie heilige Xhosa-tradisie nie besmet en lewens nie verloor word nie.

Die Nelson Mandelabaai-metro is gereed vir die inisiasie-seisoen van die somer.

Volgens ’n verklaring het die direktoraat van openbare gesondheid al die nodige voorbereidings getref vir hul besoeke aan verskeie plekke oor die metro heen waar inisiasies uitgevoer sal word.

“Die stad is een van die suksesvolste metro’s wanneer dit kom by geen sterfgevalle nie – tydens en ná die inisiasie-seisoen.

“Verlede jaar is een van die mans wat besny is, weens ’n beweerde dwelmoordosis dood. Dit was egter ’n geïsoleerde geval en hou nie verband met die tradisie self nie,” lui die verklaring.

Wyksraadslede, openbare gesondheid se komiteelede, tradisionele chirurge en verpleegsters was hard aan die werk om vir die opkomende inisiasie-seisoen voor te berei en sodoende te verseker dat daar geen sterfgevalle is nie.

“Hulle het intensiewe werkwinkels bygewoon, wat ook as inligtingsessies gedien het vir seuns wat eersdaags besny moet word, asook vir hul ouers.

“Dit is baie belangrik dat alle rolspelers voor die begin van die seisoen voorberei word om te verseker dat hierdie heilige Xhosa-tradisie nie besmet en lewens nie verloor word nie.”

As ’n stad wat omgee, sal die munisipaliteit al die nodige ondersteuning bied van die begin van die seisoen tot aan die einde,

Voorsorgmaatreëls is reeds vasgestel en regsdokumente is deur al die betrokke partye onderteken.

“Hierdie vorms sluit in ’n voorbesnydenis- mediese ondersoekvorm, ’n toestemmingsvorm vir ouers, sowel as ’n toestemmingsvorm om die besnydenis uit te voer en vorms vir toestemming om ’n inisiasieskool te bedryf.

“Mediese dokters sal na sleutel-gesondheidsgeriewe ontplooi word, waar die gemeenskap hulle gou sal kan bereik vir dringende mediese hulp.”

Die verklaring lui dat daar op 26 en 27 Oktober vanjaar ’n laaste besoek afgelê is by die plekke waar inisiasies sal plaasvind.

Dié plekke word tans skoongemaak nadat rommel hier opgehoop het.

Die munisipaliteit sal ook water beskikbaar stel sodat die mans tydens inisiasie nie nodig het om ver te loop om water in die hande te kry nie.

“As ’n stad wat omgee, sal die munisipaliteit al die nodige ondersteuning bied van die begin van die seisoen tot aan die einde,” sluit die verklaring af.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.