Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Baba vroeg gebore terwyl ma teen Covid-19 veg

’n Pa van Sasolburg kon Dinsdag eers sy pasgebore dogtertjie sien nadat die ma verlede week ’n noodkeisersnee moes ondergaan omdat sy Covid-19 het.

Yorgo Thygesen het dié foto van klein Mileah Maandag op Facebook geplaas. Hy kon haar eers Dinsdag besoek, hoewel hy vroeër deur ’n glaspaneel na haar kon kyk. Foto: Facebook

Die gastehuiseienaar Hantie Saayman sê Liza Thygesen (26), wat al die afgelope sewe jaar vir haar werk, is op 7 September weens asemhalingsprobleme in die Mediclinic Emfuleni opgeneem.

Liza se man, Yorgo, wat vir Sasol werk, het ook die koronavirussiekte onder lede gehad en by die huis herstel.

“Die dokters het op 9 September besluit om ’n noodkeisersnee te doen en Mileah is op 33 weke gebore.”

Mileah het 2,04 kg geweeg en het so goed aangesterk dat sy al ’n bietjie melk uit ’n bottel kan drink.

Sy is eers met ’n buis gevoed.

Saayman was Dinsdag emosioneel toe sy vertel het hoe Liza en Yorgo na Mileah se koms uitgesien het.

“Die lewe is nie regverdig nie, maar ons glo Liza gaan gesond word. Sy kry puik behandeling.”

Saayman sê Liza se toestand word tans as kritiek maar stabiel beskou.

Yorgo en Liza Thygesen het onlangs ateljeefoto’s van die swangerskap laat neem. Foto: Annel Photography

Sy is op ’n ventilator en haar bloeddruk is by tye baie laag.

“Dis ’n moeilike situasie, want sodra hulle haar suurstof verminder, beïnvloed dit haar bloeddruk,” sê Saayman.

“Dit is vir ons ’n groot skok, want Liza is ’n gesonde mens met geen siektetoestande nie.”

Sy het voorheen ’n miskraam gehad, maar het gesê sy weet hierdie keer is alles reg, sê Saayman. “Nou kon sy nog nie eens haar baba vashou nie.”

Yorgo en Liza Thygesen van Sasolburg se dogtertjie is met ’n noodkeisersnee gebore. Liza, wat met Covid-19 in die hospitaal opgeneem is, sterk in die waakeenheid aan en kon nog nie haar baba sien nie. Foto: Verskaf

Volgens haar is Liza ’n raakvatter en ’n pligsgetroue en lojale werker. “Ons gaste is mal oor haar en gee ongelooflik om vir haar.”

Liza studeer deeltyds onderwys en moes die einde van September begin eksamen skryf.

Sy is tans besig met haar derde jaar en sou volgende jaar haar studies voltooi, maar Saayman sê sy glo nie Liza sal nou kan eksamen skryf nie.

“Sy moet net gesond word.”

Meer oor:  Hospitaal  |  Baba  |  Ma  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.