Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Babas dood aan weerstandige bakterie in hospitaal

Twee pasgebore babas is dood ná ’n uitbreking van ’n weerstandige Klebsiella-bakterie in die Thelle Mogoerane-streekhospitaal in Vosloorus aan die Oos-Rand.

Klebsiella-longontsteking is in die hospitaal se neonatale-eenheid geïdentifiseer.

Lesemang Matuka, woordvoerder van die Gautengse departement van gesondheid, sê sewe gevalle van Klebsiella-longontsteking is in Julie geïdentifiseer “en het ongelukkig tot die sterfte van twee babas gelei”.

Monsters is geneem en is na die laboratorium gestuur om die bron van die siekte vas te stel.

Die hospitaal het sedertien maatreëls getref om infeksievoorkoming en -beheer te versterk en die eenheid noukeurig te monitor.

“Die departement beplan om ’n provinsiale taakspan te saam te stel wat deur ’n neonatoloog gelei word om deurlopend te kyk na die maatreëls om moontlike toekomstige infeksies in al ons geriewe te voorkom,” het prof. Mkhululi Lukhele, departementshoof, wat Woensdagoggend die hospitaal besoek het, gesê.

Jack Bloom, DA-woordvoerder oor gesondheid in Gauteng, en dr. Neil Campbell, DA-LP, het die hospitaal ook Woensdag besoek.

Bloom het gesê dit lyk asof swak higiëne die oorsaak van die uitbreking is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.