Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Bekende pynstiller verbind met hartsiektes, beroerte

’n Pynstiller wat algemeen gebruik word vir inflammasie word verbind met ’n verhoogde risiko vir kardiovaskulêre siektes en beroerte.

Dié navorsing oor die aktiewe bestanddeel diklofenak is pas in die vaktydskrif die British Medical Journal bekend gemaak. Dit is ’n anti-inflammatoriese middel wat nie steroïede bevat nie en in verskeie lande is dit oor die toonbank beskikbaar.

In Suid-Afrika is dit egter ’n skedule 3-middel en kan dit net op voorskrif verkry word. Dit word oor die wêreld heen gebruik.

Volgens die studie is dit vergelyk met parasetamol, naprokseen en ibuprofen, asook die gebruik van geen pynstiller nie.

’n Databasis van 6,3 miljoen mense is gebruik wat van 1996 tot 2016 gestrek het. Die gebruik van diklofenak is verbind met hartaanvalle, beroerte en onreëlmatige hartklop en bloeding in die boonste gedeelde van die spysverteringskanaal.

Die risiko daarvoor het toegeneem 30 dae nadat daar met die middel begin is.

Foto ter illustrasie.

Die resultate is deur waarnemings verkry en die aanbeveling is dat ’n groot kliniese studie nie gedoen kan word nie omdat dit oneties sou wees.

Luidens die studie is die aanbeveling dat waarskuwings op die verpakking aangebring moet word en dat die middel onder ’n dokter se toesig gegee moet word.

Daar is wel gevalle waar sommige mense se lewensgehalte verbeter word deur die gebruik van die middel, al is daar gevare, maar daar is min bewyse dat dié middel eerste gegee moet word voor ander middels.

Dit blokkeer die produksie van chemiese stowwe in die liggaam wat verantwoordelik is vir pyn, swelling en inflammasie.

Diklofenak is die aktiewe bestanddeel in A-Lennon Diclofenac, Adco-Diclofenac, Arthru-Derm, Austell-Diclofenac, Be-Tabs Diclofenac, Cataflam D, Dicloflam, DicloHexal, Fortfen SR, Infla-Ban, Merck-Diclofenac, Panamor, Sandoz Diclofenac, Veltex, Voltaren, Voltaren Optha, Adco-Clofelam, Diclohexal-K, Dynak 50, K-Fenak, Voltaren Acti-Go en Arthrotec, berig Health24.com.

Meer oor:  Diclofenac  |  Pynstiller  |  Beroerte  |  Hartsiektes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.