Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Bekroonde SA mediese navorser sterf weens Covid-19
Prof. Gita RamjeeFoto: Aurum-instituut

Prof. Gita Ramjee, ’n bekroonde mediese navorser in die stryd teen MIV/vigs, is Dinsdag dood weens Covid-19, luidens ’n verklaring van die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad (SAMRC).

Prof. Glenda Gray, president van dié raad, sê in die verklaring Ramjee het weens komplikasies wat met Covid-19 verbind word, gesterf.

Die Aurum-instituut, waar Ramjee die hoofwetenskaplike was, het luidens ’n verklaring gesê sy was ’n wêreldbekende wetenskaplike wat “onvermoeid gewerk het om oplossings vir die voorkoming van MIV vir vroue te vind”.

Prof. Gavin Churchyard, uitvoerende groephoof van dié instituut, sê die wêreld het ’n dapper en deernisvolle leier in die stryd teen MIV verloor.

“Haar deurbrake in MIV-voorkoming het bygedra tot die wêreld se reaksie tot MIV/vigs.”

Die Aurum-instituut is ’n gesondheidsorganisasie wat al meer as 20 jaar die stryd teen MIV en tuberkulose voer.

Ramjee, van KwaZulu-Natal, was ook voorheen ’n hoofspesialiswetenskaplike by die SAMRC en direkteur van sy MIV-voorkomingsnavorsingseenheid.

Sy was ook ’n ereprofessor aan die London School of Hygiene and Tropical Medicine, die Universiteit van Washington in Seattle en die Universiteit van Kaapstad.

Luidens die verklaring het Ramjee ’n deurslaggewende rol gespeel in kliniese toetse vir MIV-voorkoming. Sy is internasionaal vir haar werk bekroon, onder meer deur die European Development Clinical Trials Partnerships (EDCTP).

Sy het ook meer as 200 navorsingsartikels gepubliseer.


Meer oor:  Koronavirus  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.