Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Besmettings bly styg in N-Kaap en Vrystaat

Die getal mense met die koronavirus in die Noord-Kaap het oor die afgelope dae met ’n gemiddeld van 19 gevalle per dag gestyg.

Die Noord-Kaapse gesondheidsdepartement het Saterdagaand bevestig dat die getal positiewe gevalle in die provinsie toe op 355 gestaan het.

186 mense het reeds van die virus herstel en een is dood. Daar is dus 165 aktiewe gevalle in die provinsie.

Die Pixley Ka Seme-distrik het die meeste gevalle met 137 mense wat die virus hier onder lede het.

In die Frances Baard-distrik is 101, die ZF Mgcawu-distrik 85 en in die John Taolo Gaetsewe-distrik 17 gevalle.

Slegs 14 is tot dusver in die Namakwa-distrik aangemeld.

Die positiewe gevalle in die Vrystaat het Saterdag op 913 gestaan met 382 mense wat reeds herstel het en 13 wat aan die virussiekte dood is.

Die Vrystaatse onderwysdepartement het Sondag gesê leerlinge van kwintielskole 1 tot 3 wat van die nasionale skoolvoedingskema afhanklik is en nog nie na skole kon terugkeer nie, sal van Maandag maaltye by hul skole kan kry.

Dié departement verskaf daagliks etes aan sowat 596 674 leerlinge.

“Skole sal maaltye volgens ’n geskeduleerde program oor verskillende tydgleuwe aan die kinders verskaf om die getal leerlinge by die skool te beheer en die nodige afstande te handhaaf,” lui die verklaring.

Volgens die Covid-19-regulasies word leerlinge verplig om maskers te dra en hul eie houers te bring wanneer hulle maaltye kom haal.

Die leerlinge moet die skoolterrein onmiddellik verlaat nadat hulle hul kos ontvang het en word versoek om dan reguit huis toe te gaan.

Die getal gevalle in die onderskeie distrikte en munisipale gebiede is as volg:

Noord-Kaap:

* Pixley Ka Seme:

Emthanjeni: 16

Thembelihle: 5

Umsobomvu: 86

Renosterberg: 11

Ubuntu: 4

Siyancuma: 2

Siyathemba: 2

Kareeberg: 11

* Frances Baard:

Sol Plaatje: 82

Phokwane: 12

Magareng: 4

Dikgatlhong: 3

* ZF Mgcawu:

Dawid Kruiper: 21

Kgatelopele: 1

Tsantsabane: 51

Kai !Garib: 9

!Kheis: 3

* John Taolo Gaetsewe:

Ga-Segonyana: 9

Gamagara: 7

Joe Morolong: 1

* Namakwa:

Hantam: 4

Karoo Hoogland: 2

Khai-Ma: 5

Nama Khoi: 2

Kamiesberg: 1

Vrystaat:

* Mangaung:

Bloemfontein: 324

Bothabelo: 15

Thaba ‘Nchu: 5

Naledi: 1

* Fezile Dabi:

Moqhaka: 48

Metsimahole: 62

Ngwathe: 42

Mafube: 8

* Lejweleputswa:

Matjabeng: 76

Tokologo: 4

Nala: 36

Tswelopele: 4

Masilonyane: 4

* Xhariep:

Letsemeng: 5

Kopanong: 118

Mohokare: 10

* Thabo Mofutsanyana:

Maluti-A-Phofung: 72

Dihlaneng: 35

Mantsopa: 13

Setsoto: 7

Nketoana: 6

Phumelela: 1

Meer oor:  Vrystaat  |  Noord-Kaap  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.