Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Besoeke aan Gauteng-hospitale opgeskort
Foto ter illustrasie.Foto: Reuters

Besoeke aan pasiënte by alle staatshospitale in Gauteng is tydelik opgehef weens die derde vlaag van die Covid-19-pandemie.

Volgens die Gautengse departement van gesondheid is die opheffing van besoektye onmiddellik van krag omdat die land tans in die greep van ’n derde vlaag van Covid-19 is wat gesondheidsorggeriewe onder uiterste druk plaas.

Alle besoekure by staatshospitale is gevolglik tot verdere kennisgewing opgeskort. In uitsonderlike gevalle word een besoeker by ’n pasiënt toegelaat en dié besoeker mag nie langer as ’n kwartier by die pasiënt wees nie. Dit moet ook vooraf deur ’n dokter goedgekeur word.

Volgens die departement moet alle besoekers eers vir koors en Covid-19-simptome gekontroleer word en tydens die besoek steeds streng maatreëls nakom.

Meer oor:  Gauteng  |  3De Vlaag  |  Pandemie  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.