Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Bestuurspan van hospitaal in Limpopo afgedank
Dr. Phophi Ramathuba, LUR van gesondheid in Limpopo. Foto: Gallo Images / Sowetan / Sandile Ndlovu, file

Skokkende wanbestuur by die Tshilidzini-hospitaal in Limpopo het daartoe gelei dat dr. Phophi Ramathuba, LUR vir gesondheid in Limpopo, dié hospitaal se hele bestuurspan in die pad gesteek het.

Die hospitaal in die Vhembe-gebied bedien ’n groot gemeenskap.

Probleme by die hospitaal sluit in vervalle geboue, swak diens, lang toue mense wat ure lank wag net om huis toe gestuur te word sonder enige hulp. Dit word grootliks toegeskryf aan swak bestuur.

Verskeie pasiënte het by Ramathuba gekla toe sy onlangs die hospitaal besoek het. Van hulle het gesê dat hulle ure gewag het, maar niemand was bereid om te help nie.

Ramathuba sê sy is bekommerd oor die negatiewe verslae wat die hospitaal gekry het en ’n regrukstrategie moet bewerkstellig word om die vertroue van die publiek te herstel.

“Soos dit blyk uit gesprekke met van die werknemers, is dit duidelik dat die hospitaal nie ’n behoorlike bestuurstelsel het nie. Daar is ’n groot behoefte aan leierskap wat werkers met beperkte hulpbronne sal inspireer om meer te doen vir die pasiënte.

“Ons moet maniere vind om Tshilidzini in te sluit in ons hernuwingsprogram,” het Ramathuba gesê.

Hoewel die meeste pasiënte gekla het oor ’n tekort aan verpleegkundiges en dokters, het die LUR gesê daar is geen tekort aan verpleegsters of dokters nie.

“Dit is dus duidelik dat die probleem by die bestuur lê. Ons het besluit om ’n nuwe bestuur in plek te kry by die hospitaal wat vir ’n tydperk van 100 dae onder administrasie geplaas sal word.”

Samuel Masakona, ’n bejaarde pasiënt, het gesê “die diens hier is baie sleg. Ek wag nou al meer as vier uur om ’n lêer te open, maar niemand is bereid om my te help nie. ’n Mens kan hier doodgaan terwyl jy wag dat ’n dokter of verpleegster jou spreek.”

Meer oor:  Phophi Ramathuba
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.