Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Bevelsraad vergader gou, strenger inperkings oorweeg

Strenger inperkings tydens die derde vlaag van Sars-CoV-2-infeksies kan aanstaande week oorweeg word, maar die waarnemende minister van gesondheid wou nie verklap of sy dié stap sal ondersteun nie.

Mmamoloko Kubayi-Ngubane, waarnemende minister van gesondheid. Foto: Gallo Images

Mmamoloko Kubayi-Ngubane, waarnemende minister van gesondheid, het Woensdagaand aangedui dat die nasionale Covid-19-bevelsraad binnekort weer sal vergader en onder meer strenger inperkings gaan oorweeg.

Sy het egter in ’n onderhoud op eNCA gesê dat dit minstens twee weke neem om die uitwerking van strenger inperkings waar te neem. Sy wou haar nie voordat die bevelsraad vergader tot strenger perke verbind nie.

Kubayi-Ngubane het ook bevestig dat ’n mediavergadering Vrydag aangebied sal word oor die stand van sake en vordering met inentings, veral van onderwyspersoneel, wat vandeesweek begin het.

Pres. Cyril Ramaphosa het verlede Dinsdag aangekondig dat inperkings teen Covid-19 op vlak 3 ingestel word.

Intussen het veral Gauteng onder die derde vlaag deurgeloop met stygende getalle en toenemende druk op gesondheidsdienste.

Strenger inperkings is ook uit verskillende oorde vir dié provinsie gevra onder die gedifferensieerde benadering wat voorheen vir die Oos-Kaap en Wes-Kaap gebruik is.

Dit sal ook deur die bevelsraad oorweeg word, volgens Kubayi-Ngubane.

Sy het die afgelope naweek aangekondig dat die weermag in Gauteng ontplooi word om gesondheidsdienste te ondersteun.

Tydens die onderhoud het Kubayi-Ngubane ook bevestig dat die heropening van die Charlotte Maxeke-hospitaal in Johannesburg in fases sal plaasvind en glo vandeesweek al gaan begin.

Die hospitaal is sedert 16 April gesluit weens ’n brand en daar is vroeër berig dat die vertraging om te heropen met die okkupasie-sertifikaat verband hou.

Kubayi-Ngubane het verlede week gesê dat die onkologie-eenheid voor die einde van vandeesweek gaan heropen.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.