Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Bid saam met ons, vra dogter van siek boer
’n Familiefoto voordat die koronavirus toegeslaan het: Leon en Lilia (2) Bothma saam met Daleen en Dries Delport, ma en pa van Corli Bothma (regs) van Boshof. Delport, 'n boer van Boshof, is siek nadat hy die Covid-19-virus op 'n geestelike konferensie in Bloemfontein opgedoen het.

Hulle durf nie bitter wees oor die mense wat die geestelike konferensie gehou het waar haar pa die Covid-19-virus opgedoen het nie, sê die dogter van ’n Vrystaatse boer wat daar besmet en siek is.

Wanneer Corli Bothma praat oor haar pa se Covid-19-status, is dit nie met bitterheid nie, maar deernis.

“Ja, ons kan nou kwaad wees vir die mense wat die konferensie gehou het, maar niemand steek mense aspris aan nie.”

Haar pa, Dries Delport (63) van die plaas Sterkstroom buite Boshof in die Vrystaat, word in die Mediclinic Gariep in Kimberley behandel. Hy het op dieselfde geestelike konferensie in Bloemfontein besmet geraak waar Angus Buchan en Kenneth Meshoe van die ACDP die virus opgedoen het. Hy is Sondagoggend uit die hospitaal ontslaan.

“Ek is met die dood geïnfekteer,” het Delport Vrydag aan Netwerk24 gesê.

Bothma sê hulle as familie is deur diep waters nadat haar pas siek geword het, maar hulle is nie bitter of kwaad oor hoe hy aangesteek het nie.

“Niemand het besef hoe aansteeklik die siekte is nie, want slegs een spoegdruppel is genoeg. Ons kan nie kwaad wees vir hulle (buitelanders) nie, want hulle is ook net slagoffers soos wat ons nou is.”

Bothma, haar man, Leon, en dogter, Lilia (2), van Boshof was voor die konferensie laas binne 2 m van haar pa.

Sy vertel hoe haar ouers intussen Nagmaal gebruik het en haar pa ’n wonderwerk ervaar het.

“My pa het erken dat hy baie amper doodgegaan het en net God se genade hom gered het.”

Sy verbly haar oor die ondersteuning wat haar pa ontvang. “Die medici was nog net goed vir ons. Mense uit die gemeenskap het aangebied om benodigdhede en medisyne by die plaashek af te laai. Ons is dankbaar vir almal se hulp en gebede.”

Tog het haar familie ook al verwyte gekry. Daarop vra sy vir mense om hulself in Delport-familie se skoene te sit. “Kyk na ons storie, kyk met simpatie en empatie eerder as oordeel. Bid eerder saam met ons as om dood te spreek.”

Sy pleit vir menslikheid en gebede onder die breë publiek. “Die gevalle wat ons nou in Suid-Afrika sien toeneem, is nie net getalle nie. Daar is mense agter daai getalle. Onskuldige gesinne. Ons moet in ons huise bly en bid – ook vir die mense wat vir 21 dae lank in ’n 3×3 m-huisie sonder krag en water sit en die mense wat doodgaan van die honger.”

Bothma sê dit gaan beter met haar pa in die hospitaal. “Ons bly bid vir die mense waarmee hy in kontak was sodat hulle nie die siekte verder sal versprei nie en dat die mense wat siek is vinnig gesond sal word.”

Meer oor:  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.