Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Bly binne, óf...
’n Reuse-reklamebord pryk op ’n woonstelgebou in Kaapstad voordat die staat van inperking van 21 dae vannag om middernag begin. Foto: AP
Netwerk24 Foto: AP

Van Donderdag middernag is daar geen kortpaaie, geen verskonings en geen skuiwergate nie.

Suid-Afrikaners wat nie noodsaaklike dienste lewer nie, moet sover moontlik by die huis bly.

Die regering gaan optree teen diegene wat die regulasies probeer omseil as deel van sy stryd teen die virus wat Covid-19 veroorsaak.

Bheki Cele, minister van polisie, het Woensdagmiddag op ’n inligtingsessie in Pretoria van die veiligheidsgroep van ministers gesê die polisie sal oortreders “hard slaan”.

Twee mense is reeds in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem en aangekla van poging tot moord omdat hulle nie tydens hul isolasietydperk tuis wou bly nie.

“So, dis nie ’n sprokiesverhaal as ons sê die polisie sal optree en dat hy baie hard teen jou sal optree nie,” het Cele gesê.

Hy het bygevoeg daar is vroeër gesê ’n mens sal kan gaan draf of met jou hond stap solank jy dit veilig doen.

“Daar sal met geen hond ge­stap word nie. As jy regtig met jou hond wil rondstap, doen dit by jou huis. Dit eindig daar.”

Geen alkohol mag ook vervoer word nie.

“As dit in jou bagasiebak gevind word, is dit onwettig. Jy kan ook nie jou alkohol langsaan gaan drink nie.

Daar sal ook nie dronk geweld wees nie – wat hospitaalbeddens sal oophou.

“Daar sal geen beweging (van drank) wees nie. Om jou te wys dat ons ernstig is: As jy gevang word, is dit ses maande tronkstraf of ’n boete, of albei.

“Die gebrek aan alkohol sal ook verseker dat daar nie mense is wat drink en bestuur nie.

“Daar sal ook nie dronk geweld wees nie – wat hospitaalbeddens sal oophou.”

Oor die kwessie van moontlike tuisgeweld terwyl mense saam by die huis sit, het Cele gesê slagoffers kan die nommer 0800 150 150 skakel.

Dr. Zwele Mkhize, wat Woensdagoggend in ’n radio-onderhoud gesê het mense sal wel met hul honde kan gaan stap, het verduidelik dat die saak daarna deur die veiligheidsgroep bespreek is weens die wye reaksie wat dit op sosiale media uitgelok het. Hulle het toe daarteen besluit.

Oor die verkoop en verspreiding van alkohol het hy gesê re­staurante en handelaars is vroeër nog toegelaat om sekere tye alkohol te verkoop.

“Maar nou geld ’n algehele verbod. Indien mense toegelaat word om binnenshuis saam te kuier, sal dit bydra tot die verspreiding van die virus.”

Mkhize het bygevoeg mense meen die staat van inperking sal van die virus ontslae raak. Dit is nie so nie.

“Mense moet die raad wat tans geld ook tuis toepas, byvoorbeeld deur hul hande te was en nie aan hul gesigte te vat nie.

“Hulle moet persoonlik verantwoordelikheid aanvaar vir hul eie en ander mense se gesondheid.”

Fikile Mbalula, minister van vervoer, het gesê alle treindienste word opgeskort. Dit sluit langafstandtreine asook die Gautrein en Metro-treine in. Alle vlugte, internasionaal en plaaslik, word ook gestaak.

“Dit geld nie net meer vlugte van hoërisiko-lande af nie. Net vrag mag die land binnekom en vragte wat van daardie lande af kom, moet eers ontsmet word,” het hy gesê.

Voertuie wat gewoonlik vier mense vervoer, mag byvoorbeeld net een dra en voertuie wat agt kan vervoer net drie.

Om mense se bewegings plaaslik in te perk, geld dieselfde beginsel as vir die gebruik van private voertuie nou ook minibustaxi’s, metertaxi’s en versoekdienste (soos Uber). Hulle mag van môre slegs mense vervoer wat noodsaaklike dienste verrig of wat wil gaan kos koop of medisyne of mediese hulp wil bekom.

Openbare vervoer mag boonop net van 05:00 tot 09:00 en van 16:00 tot 20:00 gebruik word.

“Dit gaan daaroor dat ons onnodige beweging wil beperk,” het Mbalula gesê. Al dié openbare voertuie moet ook ná elke rit ontsmet word met ’n middel wat ’n alkoholinhoud van minstens 60% het. Boonop moet hulle minder mense as gewoonlik vervoer.

“Voertuie wat gewoonlik vier mense vervoer, mag byvoorbeeld net een dra en voertuie wat agt kan vervoer net drie.”

Dr. Aaron Motsoaledi, minister van binnelandse sake, het gesê die oorblywende 18 oop grensposte word vannag vir mense gesluit.“Ja, ook Beitbrug. Net goedere en noodsaaklike dienste mag tydens die tydperk van inperking deur die grense gaan.”

Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, het vroeër benadruk: “Verlaat jou huis net onder buitengewone omstandighede. Bly tuis tensy jy noodsaaklik is vir ons oorlewing.”

Meer oor:  Kaapstad  |  Koronavirus  |  Virus  |  Covid 19-Virus  |  Koronavirussiekte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.